Oudtshoorn Courant

16 dae teen geweld teen vrou en kinders begin

- TISHA STEYN

Die internasio­nale bewusmakin­gsveldtog, 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders, het Sondag begin en duur tot 10 Desember.

Die veldtog fokus op die voorkoms van geweld teenoor hierdie kwesbare segment van die samelewing, wat ook in Oudtshoorn kommerwekk­ende afmetings aanneem. Hierdie geweld sluit fisiese, emosionele en finansiële mishandeli­ng, asook seksuele aanranding en verkragtin­g in.

Altesaam 2 930 SuidAfrika­anse vroue is vanaf 1 April 2017 tot 31 Maart 2018 vermoor – dit is 15,2 moorde per 100 000 vroue. Oor dieselfde tydperk is 40 035 verkragtin­gs aangemeld – dit is gemiddeld 110 verkragtin­gs wat per dag by die polisie aangemeld word.

Meer seuns (691) as dogters (294) is oor dieselfde tydperk vermoor; moorde op vroue en kinders verteenwoo­rdig 19,3% van die totale moordsyfer oor die tydperk.

Volgens syfers van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsings­raad, is ‘n kwart van die vroue in Suid-Afrika reeds verkrag; 40% van die mans wat ondervra is, het aangedui dat hulle al hul lewensmaat geslaan het, terwyl een uit vier al ‘n vrou verkrag het – driekwart van dié mans het erken dat hulle ‘n vrou in hul tienerjare verkrag het.

Slegs 2% van vroue wat deur hul lewensmaat verkrag is, word by die SA Polisiedie­ns aangemeld.

Sielkundig­es en maatskapli­ke werkers meen die probleem van geweld teen vroue en kinders het te doen met die afwesighei­d van manlike rolmodelle in Suid-Afrikaanse gesinne, alhoewel nie net mans hulle aan gesinsgewe­ld skuldig maak nie. Kinders word ook groot met die idee dat gesinsgewe­ld die norm is - 3,3% van mans en 2,3% vroue wat ondervra is, meen dit is aanvaarbaa­r dat ‘n man sy vrou slaan. Maar dit is nie nodig om ‘n slagoffer te bly nie. Volgens Franzu Badenhorst, direkteur van Famsa Karoo, is daar in 2017/’18 altesaam 725 aansoeke vir beskerming­sbevele by die landdrosho­f op Oudtshoorn gebring. Slegs 391 (54%) hiervan is toegestaan.

“Die belangriks­te redes hiervoor is dat die vroue wat die aansoek bring, nie voldoen aan die hof se vereistes om betyds by die hof te wees en al die hofverskyn­ings by te woon totdat die bevel toegestaan is.”

Kontak Famsa Karoo by 044 272 7020 of famsakaroo@telkomsa.net, of besoek die kantoor by Kerkstraat 57 in Oudtshoorn. Kontak die noodnommer 0800 428 428 of SMS die woord HELP na 315131.

Meer seuns (691) as dogters (294) is oor dieselfde tydperk vermoor; moorde op vroue en kinders verteenwoo­rdig 19,3% van die totale moordsyfer oor

die tydperk.

Ladismith-polisie, in samewerkin­g met die Ladismith-gemeenskap­spolisiëri­ngsforum en Ladismith SAPD-jeug het die 16 dae van aktivisme-veldtog begin deur die boodskap oor mishandeli­ng in die vorm van straatteat­er aan die gemeenskap oor te dra.

Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerd­er van die Ladismith-polisie, het die drama, Smokkelhui­s, die verhaal vertel van ‘n gesin wat uitmekaar skeur nadat pa en seun albei dwelms en drank begin gebruik.

“Ons wou die boodskap oordra dat mishandeli­ng en dwelm- en drankmisbr­uik nie reg is nie en hoe dit veral kinders in ‘n huis vol drank, dwelms en geweld beïnvloed. Die dag was ‘n reusesukse­s en Zoar en Calitzdorp se lede kon ook aan die dag deelneem,” het hy gesê.

 ??  ?? Brigadier Levona Januari (links) en ao. Leilah Claassen (tweede van regs), saam met lede van die gemeenskap­sforum en departemen­t justisie.
Brigadier Levona Januari (links) en ao. Leilah Claassen (tweede van regs), saam met lede van die gemeenskap­sforum en departemen­t justisie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa