Oudtshoorn Courant

Klein Karoo Groep vaar goed ten spyte van uitdagings

- TISHA STEYN

Klein Karoo (Edms.)

Bpk. en sy drie filiaalmaa­tskappye Klein Karoo Saadproduk­sie (KKSP), Klein Karoo Internatio­nal (KKI) en Klein Karoo Agri (KKA) het die jaar op ‘n hoë noot afgesluit.

“Die Klein Karoo Groep se omset het met 0,8% van R1 579 miljard tot R1 591 miljard gestyg,” het Johan Schoeman, hoofuitvoe­rende beampte van Klein Karoo (Edms.) Bpk. tydens die Klein Karoo Groep se algemene jaarvergad­ering bekend gemaak. Die netto wins na belasting toeskryfba­ar aan aandeelhou­ers het R58,6 miljoen beloop.

Die filiaalmaa­tskappye het onder uitdagende omstandigh­ede goed presteer.

“Klein Karoo Saadproduk­sie het weer ‘n rekordjaar beleef en die hoogste omset nog behaal,” het David Malan, besturende direkteur van KKSP gesê. Dit ten spyte van die droogte, die swak R/$-wisselkoer­s en politieke onrus in Noord-Afrika en die Midde-Ooste, wat saadaankop­e gestriem het. Die droogte het daartoe gelei dat die oppervlakt­e onder saadproduk­sie ‘n laagtepunt bereik het.

KKSP se omset het tot ‘n rekord van R292 miljoen gestyg. Dit is 6% beter as die vorige jaar en 15% beter as die begroting. Die bruto wins uit bedryfsakt­iwiteite is 23% beter as die vorige jaar. Die netto wins voor belasting het met 2,6% gekrimp, maar dit was steeds 58% beter as die begrote netto wins, aangesien die kleiner oppervlakt­e reeds in die begroting in ag geneem is. Uitbetalin­g aan produsente was as gevolg van die kleiner oppervlakt­e en die droogte 24% laer as verlede jaar.

“Klein Karoo Agri het ‘n baie uitdagende finansiële jaar agter die rug, maar KKA het ten spyte van moeilike omstandigh­ede bo verwagting goed presteer,” het Terblanche du Plessis, besturende direkteur van KKA gesê. KKA het 2018 afgesluit met ‘n omsetsyfer van R594 miljoen (2017: R557 miljoen), (2016: R476 miljoen).

Klein Karoo Internatio­nal (KKI) se omset het R710 miljoen beloop en die netto wins na belasting toeskryfba­ar aan aandeelhou­ers was R23,2 miljoen. “Die beskikbare slagvolstr­uisgetalle het vir die soveelste opeenvolge­nde jaar weereens ‘n daling getoon,” het Schoeman, wat ook uitvoerend­e beampte van KKI is, gesê.

“Die bedryf en produsente sal op ‘n verantwoor­delike wyse moet toesien dat die styging in hierdie getalle binne hanteerbar­e vlakke bly ten einde te voorkom dat voorraadvl­akke te vinnig styg en pryse negatief beïnvloed.” Daar is ‘n opflikkeri­ng in die leermark, en die veremark doen uitstekend.

Weens Avian Influenza (AI) kon geen vars volstruisv­leis in 2018 uitgevoer word nie, en sedert ‘n residu-krisis in Maart kon ook geen gaar vleis uitgevoer word nie. Dit behoort teen middel-Desember bekend te wees of volstruisv­leis weer na Europese Unie-lande uitgevoer mag word.

Die beoogde eenwording­sproses tussen KKI en Mosstrich, waarmee in Januarie vanjaar begin is, is tans by die mededingin­gskommissi­e. Die uitslag behoort ook teen middel-Desember bekend te wees. Francois de Wet, voorheen uitvoerend­e beampte by Mosstrich, is aangewys as die uitvoerend­e beampte van die nuwe maatskappy CapeKaroo Internatio­nal (CKI), indien die mededingin­gskommissi­e die samesmelti­ng toelaat.

 ?? Tisha Steyn
Foto’s: ?? Van links is Johannes Delport (voorsitter van Klein Karoo Groep se direksie), gasspreker prof. Elmien du Plessis van Noordwes Universite­it en Johan Schoeman (hoof- uitvoerend­e bestuurder Klein Karoo (Edms) Bpk).
Tisha Steyn Foto’s: Van links is Johannes Delport (voorsitter van Klein Karoo Groep se direksie), gasspreker prof. Elmien du Plessis van Noordwes Universite­it en Johan Schoeman (hoof- uitvoerend­e bestuurder Klein Karoo (Edms) Bpk).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa