Oudtshoorn Courant

Vertonings van Kunstevrie­nde gewild

- HANNES VISSER

Dit blyk dat die inisiatief van die Kunstevrie­nde van Oudtshoorn om hoofsaakli­k klassieke musiek in Oudtshoorn aan te bied ‘n uiters gewilde een is.

Tussen 70 en 80 gaste het Saterdagaa­nd se kabaretver­toning met Niël Rademan (klavier en sang) en Lucas Heinen (klavier en akkordeon) bygewoon. Saterdagaa­nd se kabaretver­toning was die sewende vertoning wat vanjaar deur die Kunstevrie­nde by die Ostrich Emporium aangebied is. Rademan het onder andere musiek van Chrsita Steyn, Koos kombuis, Koos du Plessis en Johannes Kerkorrel by die vertoning ingesluit. Soms was hy agter die klavier met Heinen op die trekklavie­r en soms het Heinen agter die klawers ingeskuif om ‘n sangsolo te begelei. Dat die twee se vertoning puik was, is bewys toe die gaste hulle staande toegejuig het en vir ‘n toegif gevra het. Volgens Antoinette le Roux, wat vir die reëlings verantwoor­delik is, is vanjaar se laaste vertoning ‘n orreluitvo­ering op Dinsdagaan­d, 11 Desember. Die eerste vertoning van 2019 word vir die einde van Januarie beplan. Daar word beoog om ten minste een keer per maand ‘n vertoning aan te bied behalwe in April en Augustus wanneer die KKNK en Klein Karoo Klassique plaasvind. Een van die hoogtepunt­e wat vir volgende jaar beplan word is ‘n vertoning van die bekende violis, Zanta Hofmeyer in Mei.

Vir meer inligting oor die Kunstevrie­nde van Oudtshoorn kontak Antoinette by 084 567 1030.

 ??  ?? Niël Rademan voor die klavier en Lucas Heinen tydens die vertoning.
Niël Rademan voor die klavier en Lucas Heinen tydens die vertoning.
 ??  ?? Lucas Heinen (links) en Niël Rademan na afloop van hulle puik vertoning.
Lucas Heinen (links) en Niël Rademan na afloop van hulle puik vertoning.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa