Oudtshoorn Courant

Fortuin lig sluier oor planne met SWD-rugby

- HUGO REDELINGHU­YS

“Ons wil SWD weer ‘n krag in SuidAfrika­anse rugby maak. Dus die versugting van die oud-Springbok Bevin Fortuin en ‘n groep plaaslike sakelui, wat agter die skerms druk besig is met planne om die unie finansieel te ondersteun.

Fortuin, ‘n boorling van Blanco wat onder andere vir die Bokke en die Cheetahs op heelagter uitgedraf het, het in ‘n openhartig­e onderhoud met die George Herald die sluier effens gelig oor dié ambisieuse planne om ‘n “reddingsbo­ei” na die sukkelende SWD uit te gooi.

Die SWD Arende is, soos talle van die ander kleiner rugbyunies wat in die Curriebeke­r se Eersteliga meeding, onder kwaai finansiële druk en hy moes noodgedwon­ge al die kontrakte met sy spelers en die afrigtingk­orps op 31 Oktober beëindig.

Dit bedreig die beroepstat­us van die unie en dis wat Fortuin en sy weldoeners ten alle koste wil probeer verhoed.

Onderhande­linge, sê Fortuin, is in dié stadium in ‘n uiters sensitiewe stadium en voordat almal nie hand op papier gesit het nie, is sy mond gesnoer. “Val iets uit die bus of onttrek een van die potensiële borge, sit ek met eier op my gesig. Kyk net wat het verlede jaar van die gewese Bok-afrigter Heyneke Meyer se groot planne met die SWD geword. Daar het dadels van gekom.

“Wat ek wel kan noem, is dat die kontrak wat ons aan die unie sowel as die SuidAfrika­anse rugbyunie (Saru) en die ander betrokkene­s wil voorlê, by ons regsmense lê. Dié kontrak sal, as daar nie iets voorval nie, reeds aanstaande week aan al die betrokke partye oorhandig word. Hier is dit reeds op my selfoon.”

Fortuin sê drie vennote het hul reeds “verbind” om geld in die unie te belê en dit beloop alreeds ‘n aardige bedrag. “Ek is tans ook besig om met ‘n klereborg te onderhande­l. As alles klopdissel­boom verloop, kan ons binne ‘n week, dalk twee, name en getalle bekend maak.”

Fortuin sê die idee om weer by die SWDrugbyun­ie betrokke te raak, het posgevat kort nádat hy in Januarie vanjaar na George teruggekee­r het ná sy tyd as ‘n hulpafrigt­er by die Blou Bulle saam met Anton Leonard. “Ek het losweg met ‘n vriend gesels oor die moontlikhe­id om dalk aandele in die SWD te bekom. Net daar is ‘n saadjie geplant. Ek het met ‘n paar plaaslike sakemanne begin gesels en uiteraard ook met die unie, wat baie ontvanklik was vir dié idee.

Hennie Baartman, president van die SWD, sowel as bestuursle­de van al die plaaslike rugbyklubs in die SWD, is op ‘n vergaderin­g oor die planne ingelig en daar wees geen teenkantin­g nie. “Trouens, almal was positief daaroor, want hulle sien die groter prentjie en besef alle vorme van rugby in die SWD, klubrugby ingesluit, sal net gedy as die aanbod aanvaar word en die planne kom goed op dreef.

“Ek is nie hier om die SWD te kaap of om te onderhande­l oor ‘n toppos nie. Ek en my vennote wil saamspan en die SWD help om sy volwaardig­e plek in beroepsrug­by in SuidAfrika in te neem. Die SWD moet weer een van die ses grotes in SA rugby word.”

“Juis daarom is ek gesteld daarop om plaaslike sakelui aan boord te kry. Dis vir my ononderhan­delbaar. Ek is hier gebore en dis hier waar ek my eerste rugbytreë gegee het. Nou wil ek, met die hulp van plaaslike mense, groot treë gee om die SWD te help om sy beroepstat­us te behou, dit te beveilig en dan, in die toekoms, dit na die hoogste moontlike vlak te voer. Oornag gaan dit nie gebeur nie, maar hoekom kan mens nie nou al droom van die SWD wat weer in die Curriebeke­r se Premierlig­a meeding nie. En dan, wie weet, in die Superrugby-reeks uitdraf nie?”

Maar, sê Fortuin, dinge sal van meet af aan reg gedoen moet word. “Hier lê ‘n harde, steil pad vorentoe. As die SWD Arende weer op hoogste vlak wil meeding, sal nie net ‘n goeie groep gekontrakt­eerde spelers genoeg wees nie.

“Outeniquap­ark, byvoorbeel­d, die tuiste van SWD-rugby, sal deeglik opgeknap moet word. In sy huidige gedaante lyk die ikoniese stadion moeg en sal dit die aanbied van groot rugbytoern­ooie kelder. Daar is juis sprake daarvan dat daar ernstig gekyk word daarna om in 2019 ‘n nasionale o.19toernooi hier aan te bied. Hier is mos ‘n gulde geleenthei­d vir ons plaaslike owerhede en sakelui om betrokke te raak en ons inisiatief te ondersteun...”

 ??  ?? Die oud-Springbok Bevin Fortuin en ‘n groep plaaslike sakelui is hard agter die skerms aan die beur met planne om die sukkelende SWDrugbyun­ie geldelik te ondersteun en die unie te help om weer ‘n krag in SA rugby te word.
Die oud-Springbok Bevin Fortuin en ‘n groep plaaslike sakelui is hard agter die skerms aan die beur met planne om die sukkelende SWDrugbyun­ie geldelik te ondersteun en die unie te help om weer ‘n krag in SA rugby te word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa