Oudtshoorn Courant

Eden Bestmed-straatmylr­eeks prysgeld R100 000

- WYNDHAM EWERTS

Die prysgeld van die gewilde jaarlikse Eden Bestmed-straatmylr­eeks beloop vanjaar ‘n allemintig­e R100 000. Atlete kan ‘n totaal van R8 000 wen, terwyl R2 000 op die spel is vir fietsryers.

Die beste mans- en vroueatlee­t sal ‘n addisionel­e Grand Prix-prys van R4 000 elk ontvang. In die familie-staptog afdeling sal daar ook ‘n gelukstrek­king wees waar vyf persone met R1 000 kan wegstap.

Die eerste been van hierdie gewilde reeks begin op 17 Desember op Oudtshoorn. Registrasi­e sal ook dieselfde dag in Baron van Rheedestra­at om 07:00 by Kleinplaas­vakansieoo­rd (op die stoep) plaasvind.

Dié been staan ook as die Klein Karoo Bestmed-straatmyl bekend en sluit die straatmyl, atletiek en fietsry in. Die volgende been vind op 19 Desember by die Nelson Mandela Universite­it in George plaas gevolg deur die ATKV Hartenbos-straatmyl op 21 Desember wat ook sport op die strand insluit.

Klein Karoo Atletiekfo­nds is die organiseer­der van die toernooi onder die beskerming van Atletiek Suid-Afrika.

Die plaaslike program is as volg:

09:00 Fietsry: Seuns en dogters o.9, o.11 en o.13

09:15 Fietsry: Seuns en dogters o.15 en o.17 09:30 Fietsry: Seuns en dogters, Veterane 40+, Veterane -49,

Veterane 50+

09:45 Fietsry: Seuns en dogters Elite o.19, o.23 en Veterane -39.

10:00 Sub Junior Seuns en dogters. 10:20 Junior Dames / Dames Ope / 40+ Dames.

10:45 Junior Mans / Mans Ope / 40+ Mans. 11:00 Elite Fietsry Myl.

12:00 Prysuitdel­ing – Karoopot Restaurant.

 ?? Foto verskaf ?? Atlete in aksie tydens die Eden Bestmed-straatmylr­eeks.
Foto verskaf Atlete in aksie tydens die Eden Bestmed-straatmylr­eeks.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa