Oudtshoorn Courant

Burgemeest­ergholfdag genereeer R109 000

- WYNDHAM EWERTS

Die jaarlikse Burgemeest­ers-gholfdag is Saterdag deur Frans Coetzee en Lawrence Boer met ’n telling van 85 gewen.

Albei gholfspele­rs het van Plettenber­gbaai gereis om aan dié gewilde gholfdag deel te neem en het elkeen met ’n halwe lam ter waarde van R1 400 weggestap.

In die tweede plek was Jacobus Arries en Patrick Wagenaar met 79 punte, gevolg deur John Bruiners en Melvin Harold wat in die derde plek met 78 punte geëindig het.

Die langste dryf vir mans was deur Pieter du Plessis op die sesde putjie, en vir dames deur Chloè Malgas-Kelpin.

Dit was die tweede jaar wat die Burgemeest­ers-gholfdag aangebied is.

Vanjaar het 92 spelers deelgeneem en die inskrywing­sfooi was R180 per persoon wat ’n heerlike braaiete ingesluit het.

Die doel van hierdie inisiatief was om die munisipale beursfonds ’n hupstoot te gee wat minderbevo­orregte jongmense van Oudtshoorn, Dysselsdor­p en De Rust in staat sal stel om verder aan tersiêre inrigtings te kan studeer.

Volgens Colan Sylvester, burgemeest­er van die Oudtshoorn-munisipali­teit, was die gholfdag baie suksesvol en het hulle R109 000 ingesamel. “Daar is net een manier hoe ‘n dorp nog verder kan ontwikkel, en dit is om die geletterdh­eidsvlakke van die jeug te verhoog.

“Ons almal het drome, maar nie almal het die hulpbronne om dit te verwesenli­k nie. Namens die Oudtshoorn-munisipali­teit wil ek die Oudtshoorn-gholfklub, ons borge en die spelers wat ingeskryf het hartlik bedank.

“Dit is te danke aan julle dat ons ‘n helpende hand na die gemeenskap kan uitreik.”

Paul Stroebel, Oudtshoorn-gholfklub se kaptein, het tydens sy spreekbeur­t ook daarop gedui dat die gholfbaan ondanks die droogte in ‘n uitstekend­e toestand was.

“Tans gebruik ons gesuiwerde rioolwater om die grasperke nat te lei teen ‘n baie lae tarief, en in hierdie verband wil ek ook namens die Oudtshoorn-gholfklub die munisipale raad bedank vir hierdie vergunning.”

Sylvester het ook tydens hierdie geleenthei­d erelidmaat­skap van die Oudtshoorn­gholfklub ontvang.

 ?? Foto: Ebenezer Titus
Foto: Wyndham Ewerts ?? Colin Sylvester, burgemeest­er van Oudtshoorn, slaan die eerste bal van die dag. Paul Stroebel, klubkaptei­n van Oudtshoorn-gholfklub, wens Colan Sylvester (burgemeest­er) geluk met sy erelidmaat­skap.
Foto: Ebenezer Titus Foto: Wyndham Ewerts Colin Sylvester, burgemeest­er van Oudtshoorn, slaan die eerste bal van die dag. Paul Stroebel, klubkaptei­n van Oudtshoorn-gholfklub, wens Colan Sylvester (burgemeest­er) geluk met sy erelidmaat­skap.
 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Die wenners van die Burgemeest­ers-gholfdag is van links: Hendrik Luiters (raadslid), Marchellis Theyse (raadslid), Frans Coetzee (wenner), Colan Sylvester (burgemeest­er), Lawrence Boer (wenner) en Paul Stroebel (Oudtshoorn-gholfklub).
Foto’s: Wyndham Ewerts Die wenners van die Burgemeest­ers-gholfdag is van links: Hendrik Luiters (raadslid), Marchellis Theyse (raadslid), Frans Coetzee (wenner), Colan Sylvester (burgemeest­er), Lawrence Boer (wenner) en Paul Stroebel (Oudtshoorn-gholfklub).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa