Oudtshoorn Courant

Plaaslike fietsryklu­bs voltooi Coronation DC-wedren

- WYNDHAM EWERTS

“Ons het nou wel ‘n paar klein ongelukkie­s, pap wiele en los speke op ons pad gehad, maar ons is almal heel en veilig tuis.”

So sê Jaco von Molendorff, spanlid van die Oudtshoorn­fietsryklu­b na afloop van Saterdag se Coronation Double Century in Swellendam. Hulle het saam met die Dulux-fietsryspa­n aan die kompetisie deelgeneem.

Hierdie wedren is oor 202 km beslis en 250 fietsryklu­bs van oor Suid-Afrika het vanjaar ingeskryf.

Volgens Jaco kon al die spanlede die moordende wedren in sewe uur, 17 minute en 16 sekondes voltooi - en dit is iets waarop hulle baie trots is.

“Ons volgende doelwit is om nou te begin oefen vir die Wes-Kaapse kampioensk­appe in Januarie. Enige persoon wat by die klub wil aansluit kan my e-pos by ourbookkee­per@scwireless. co.za. Met ontvangs sal ek dan die registrasi­evorm aanstuur.”

Volgens Louis Visser, spanlid van die Dulux-fietsryspa­n, het al hul spanlede met ‘n rouband gery om hulde te bring aan Louis Lategan wat verlede jaar deel van hul span was.

“Hy was die hele roete lank in ons gedagtes. Dit was ‘n moeilike dag met ‘n gebreekte ketting en vier pap wiele, maar die span het hulle nie laat afsit deur die teëspoed nie. Ons kon ook daarin slaag om Saterdag die Coronation Double Century as ‘n span in ‘n tyd van sewe uur, 16 minute en 14 sekondes saam te voltooi - slegs drie minute stadiger as verlede jaar.”

Hy sê die hoogtepunt van hul dag was om as span klaar te maak en die Charles Milnermeda­lje in ontvangs te neem.

“Die beskrywing op die medalje is vir die span ook baie simbolies omdat dit sê Celebratin­g team spirit,” het Visser

bygevoeg.

 ?? Foto verskaf
Foto verskaf ?? Die Dulux-fietsryspa­n. Die Oudtshoorn-fietsryspa­n geniet ‘n blaaskans na die wedren.
Foto verskaf Foto verskaf Die Dulux-fietsryspa­n. Die Oudtshoorn-fietsryspa­n geniet ‘n blaaskans na die wedren.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa