Oudtshoorn Courant

Twee meisies in Dysselsdor­p verkrag

- LIEZL VAN NIEKERK

Een persoon is in hegtenis geneem na twee meisies die afgelope naweek na bewering op Dysselsdor­p verkrag is. Die man, wie se naam aan die

Oudtshoorn Courant bekend is, maar nie genoem kan word voor hy nie gepleit het nie, het Dinsdag in die Oudtshoorn­landdrosho­f verskyn, maar is deur die landdros laat gaan.

Volgens die ma van een van die slagoffers het haar dogter (16) en ‘n vriendin (19) Saterdagaa­nd gaan kuier.

“Hulle het vroeg Sondagogge­nd eers huis toe gestap en ‘n groepie mans het onder die brug uitgesprin­g en die kinders gegryp.”

Volgens haar het een van die verdagtes die 19-jarige meisie onder die brug verkrag.

“Sy het ‘n klip gegryp en hom geslaan en weggehardl­oop.

“Sy het gesê daar was drie of vyf mans en sy het een van hulle herken. Sy is nog baie huilerig oor wat gebeur het en nog baie geskok.”

Die ma van die 16-jarige sê sy het haar dogter ongeveer 03:00 half kaal voor ‘n huis gevind.

“’n Man wat by die huis verby geloop het, het haar gesien en by ons huis kom sê sy lê daar. Ons is polisiesta­sie toe en het my kind gaan haal. Sy was bewusteloo­s en is dadelik hospitaal toe geneem. Sy het seergekry. Hulle het my kind seergemaak. Hulle moes haar gesleep het want sy het skraapmerk­e op haar lyf gehad en sy is ook vir beserings na die verkragtin­g behandel. Sy is darem nou by die huis,” het die ma gesê.

Kapt. Joey Strydom, bevelvoerd­er van die Dysselsdor­p-polisiesta­sie, het die voorval bevestig en gesê dat een manspersoo­n in hegtenis geneem is.

Die ondersoek duur voort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa