Oudtshoorn Courant

Gesin ontvlug brand

- WYNDHAM EWERTS

‘n Vrou, haar saamleefma­at, en twee kinders het die dood vrygesprin­g toe hul huis in Red Rosestraat (Rose Valley) Sondag in die vroeë oggendure afgebrand het. Volgens Sophie Lingeveld (41) het haar saamleefma­at, Deon Plaatjies, (46) omstreeks 23:30 die ketel aangesit om koffie te maak.

“Ek het hom gehoor werskaf in die kombuis, maar het weer kort daarna ingesluime­r. Na ‘n ruk het ek egter iets branderig geruik en dadelik opgespring om te gaan ondersoek instel.

Toe ek in die kombuis kom het ek gevind dat die ketel besig is om te skroei omdat Deon vergeet het om water in te ketel te gooi.”

Sy vertel dat sy die ketel uitgeprop en weer gaan slaap het.

Sy het op ‘n stadium wakker geword van haar kleinkind wat onrustig geslaap het en gesien die sitkamerba­nk is aan die brand.

“Deon en die kinders het dadelike gereageer toe ek hulle wakker maak en ons kon gelukkig na veiligheid vlug.”

Volgens Plaatjies is meeste van hul besittings in die brand verwoes.

“Sophie is op die oomblik werkloos, en ek doen tuinwerk om die pot aan die kook te hou.

“Ons wil graag almal in ons straat bedank wat gehelp het om die vuur te blus, want sonder hulle sou die skade nog erger gewees het.”

Enige persoon of instansie wat die gesin wil bystaan met kos of klere kan Lingeveld se seun, Randall, by 074 654 4407 skakel.

 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Sophie Lingeveld, Leonie Mei en Deon Plaatjies by die oorblyfsel­s van hulle besittings na die brand.
Foto: Wyndham Ewerts Sophie Lingeveld, Leonie Mei en Deon Plaatjies by die oorblyfsel­s van hulle besittings na die brand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa