Oudtshoorn Courant

Vandaal kos ondernemin­gs R30 000

- LIEZL VAN NIEKERK

‘n Man wat skynbaar sonder enige rede ‘n aantal winkelvens­ters in kerkstraat stukkend geslaan het is Woensdagaa­nd in Kerkstraat in hegtenis geneem. Die man het ‘n halwe baksteen gebruik en ongeveer R30 000 se skade aangerig voordat hy aangekeer is.

Sers. Gretchen Micheals, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie, het gesê die 36-jarige man is op aanklag van opsetlike saakbeskad­iging in hegtenis geneem.Hy sou vandag in die Oudtshoorn-landdrosho­f verskyn. Die winkels wat skade gely het is Russels, M.M. Furnitures, Spec-Savers en Slabber en Slabbert-oogkundige­s. Daar is egter nie by een van die winkels ingebreek nie. Volgens ‘n personeell­id van een van die ondernemin­gs het hulle alarm-maatskappy hulle gebel en gesê daar is venster by hulle gebreek. Die halwe baksteen is by M.M. Furnitures gevind.

“Die sekerheids­wag wat oorkant ons winkels in Kerkstraat werk het die man gesien en ook gesien hoe hy die vensters met die baksteen breek. Sy het die polisie gebel en hulle was regtig vinnig op die toneel en kon die mannetjie net betyds vang voor hy die pad kon vat,” het die vrou gesê.

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Die skade aan die winkels se vensters.
Foto: Liezl van Niekerk Die skade aan die winkels se vensters.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa