Oudtshoorn Courant

Blinkhokke-moordsaak uitgestel

- GARNETT WICOMB

Die slotbetoë in die saak teen ‘n man van Rose Valley op Oudtshoorn wat na bewering uit jaloesie ’n vriend van sy voormalige meisie met ‘n mes in die rug gesteek en van moord aangekla word, is Dinsdag in die Oudtshoorn-streekhof tot volgende jaar uitgestel omdat sy regsvertee­nwoordiger nie gereed was daarvoor nie.

Denrick Carelsen wat op tweede Kersdag 2017 vir Wilfred Heinrich Davids by een van die sogenaamde blinkhokke in Rose Valley gesteek het, pleit onskuldig op aanklag van moord. Hy het getuig dat Davids hom met ‘n ketting wou slaan en hy toe ‘n mes uitgehaal en na hom gemik het.

Hulle het begin stoei en op die grond geval waarna Davids die noodlottig­e steekwond opgedoen het.

Volgens hom weet hy nie hoe dit gebeur het dat Davids raakgestee­k is nie omdat alles so vining gebeur het.

Hy het erken dat hy die oorledene op sy kop getrap het en dat dit nie nodig was nie.

‘n Ooggetuie, Veronica Campher, het vroeër getuig dat Carelsen vir Davids van agter gesteek het terwyl hy besig was om van hom weg te struikel. Die saak is deur streekland­dros Neels Nortje tot 25 Januarie 2019 uitgestel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa