Oudtshoorn Courant

Gerrie Nel besoek Oudtshoorn

- WYNDHAM EWERTS

“Ons almal is gelyk voor die wet, ongeag ons posisie in die samelewing.” So het die bekende voormalige aanklaer van die Nasionale Vervolging­sgesag (NVG) advokaat Gerrie Nel, verlede Donderdaga­and by Laerskool Laurus gesê.

Nel wat ook bekend staan as die “Bulldog” vanweë sy vasbeslote­nheid in die hof, het bekendheid verwerf toe hy in 2010 Jackie Selebi (polisiekom­missaris) suksesvol op aanklagte van korrupsie vervolg het. Hy was ook die aanklaer toe die paralimpie­se atleet Oscar Pistorius in 2014 op die moord van sy verloofde,Reeva Steenkamp, skuldig bevind is.

Intussen het Nel hom by die burgerregt­e-groep AfriForum se privaat vervolging­seenheid aangesluit. “Ek wou graag op ‘n plek kom waar ek my vaardighed­e kon gebruik om geregtighe­id te laat geskied.”

”Tans verwoes selektiewe vervolging mense se lewens, en juis daarom speel AfriForum ‘n leidende rol in die gemeenskap om te verseker dat almal gelyk voor ons grondwet behandel word, het hy gesê.”

Nel het verduideli­k dat dit ‘n tendens by die NVG geword het om te vervolg wie hulle wil.

Volgens Nel het AfriForum hom verbind om enige sake op meriete te evalueer, en dan aansoek te doen om te vervolg indien daar voldoende bewyse is.

“Suid-Afrika was op ‘n stadium die mees toonaangew­ende land wat integritei­t betref. “Gierigheid en magsmisbru­ik het egter in die laaste ruk ons aandele in dié verband geweldig geknou.’’ Nel het tydens sy toespraak beklemtoon dat helde in die samelewing vereer moet word; veral diegene wat dit nie doen om gesien te word nie.

Vroeër dié dag het Nel ook by CP Nel Motors ‘n onderhoud met die plaaslike radiostasi­e, Heartbeat FM gevoer.

 ??  ??
 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Gerrie Nel (links) en Christo Nel, stasiebest­uurder van Heartbeat FM tydens Nel se besoek verlede week.
Foto: Wyndham Ewerts Gerrie Nel (links) en Christo Nel, stasiebest­uurder van Heartbeat FM tydens Nel se besoek verlede week.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa