Oudtshoorn Courant

Tweede Blerrie Vêr Kersfees in Toekomsrus

- LIEZL VAN NIEKERK

Die inwoners van Panoramast­raat en Romeosinge­l in Toekomsrus bied op 24 Desember die tweede Blerrie Vêr OuKersfees-fees aan.

Volgens Percy de Villiers, een van die inwoners wat die dag aanbied, het hulle verlede jaar die eerste keer die geleenthei­d aangebied.

“Ons wil dit ‘n jaarlikse ding maak omdat mense het heeltemal vergeet waaroor Kerstyd werklik gaan. Die hele Kersgees is weg uit ons gemeenskap. Ons het verskeie aktiwiteit­e wat ons gaan aanbied onder andere gesigverf vir die kinders en domino’s vir die grootmense. Daar gaan ook ‘n Mej. Blerrie Vêr 2018 gekies word.”

Volgens hom gaan die feeskomite­e vir vure en kole sorg sodat die inwoners wat die geleenthei­d gaan bywoon hul eie vleis kan braai. Kinders kan ook weer uitsien na iets kleins en daar sal vir die volwassene­s ook ‘n verrassing wees.

“Ons gaan plaaslike kunstenaar­s hê wat die mense gaan vermaak. Oudtshoorn se eie kulkunsten­aar, Jannie de Bruin gaan optree, sowel as ÔL-STAR Live Band, Danny B Manuel, Luigi April, Vinzelle Damons, Kesia Swart, Lizell van Hansen en Janion Kennedy.”

Enigiemand wat navrae oor die geleenthei­d het kan Duwayne by 074 045 6942 of Percy by 063 548 8364 skakel.

 ?? Foto’s verskaf ?? Oudtshoorn­iete wat verlede jaar se Blerrie Vêr Kersfees-fees bygewoon het.
Foto’s verskaf Oudtshoorn­iete wat verlede jaar se Blerrie Vêr Kersfees-fees bygewoon het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa