Oudtshoorn Courant

Ontevrede inwoners neem deel aan betoging

- WYNDHAM EWERTS

’n Groep ontevrede inwoners van Oudtshoorn het vroeg Woensdagog­gend by die sirkel naby Bridgton UCC bymekaar gekom om aan ‘n georganise­erde betoging na die Oudtshoorn-munisipali­teit deel te neem. Volgens Joey Hefke, sameroeper van die groep, ‘Opi Jaart Mense’ is hulle ontevrede oor die haglike omstandigh­ede waarin hulle woon omdat die plaaslike munisipali­teit afgewyk het van die kriteria wat veronderst­el was om huise aan inwoners toe te ken.

“Baie van ons mense is al donkie jare op die behuisings­waglys, net om te sien dat daar aan ongetroude mense, vreemdelin­ge sonder burgerregt­e en persone wat nie op die waglys is nie, huise toegeken word.”

Hefke het gesê dat die groep ‘n datum vir ‘n amptelike vergaderin­g van die munisipale bestuurder en burgemeest­er versoek het sodat daar ‘n oplossing gevind kan word vir die gruwelike miskenning­s van hul omstandigh­ede.

Volgens Allan Paulse, munisipale bestuurder, verwelkom die munisipale kantore enige kritiek teen die plaaslike munisipali­teit.

Hy het by die oorhandigi­ng van die griefskrif aan die groep betogers gesê dat hy trots is op die vreedsame manier waarop hulle hul griewe en ontevreden­heid lig.

“As daar enige swakhede in ons mondering bestaan, kan ek u die versekerin­g gee dat dit daadwerkli­k aangespree­k sal word.”

Paulse het beloof om in oorleg met die burgemeest­er op ‘n datum te besluit wanneer dié twee partye amptelik om die tafel sal vergader.

 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Lede van die ‘Opi Jaart Mense’ besig om te betoog.
Foto: Wyndham Ewerts Lede van die ‘Opi Jaart Mense’ besig om te betoog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa