Oudtshoorn Courant

Salarisver­hoging vir raadslede

- GARNETT WICOMB

Die salarisse van Oudtshoorn se raadslede sal met 4% verhoog word indien die Wes-Kaapse LUR, vir plaaslike regering, Anton Bredell, sy goedkeurin­g daarvoor verleen.

Die raad het tydens ‘n spesiale raadsverga­dering Maandagogg­end die aanbevelin­g eenparig goedgekeur in terme van ‘n kennisgewi­ng soos voorgestel in terme van die Wet op Vergoeding van munisipale amptenare (Wet 20 van 1998) ten opsigte van die hoogste kerf van salarisse, toelae en ander voordele vir lede van munisipale rade.

Die Oudtshoorn-munisipali­teit is volgens sy inkomste van R522 436 miljoen vir die boekjaar 2017/18 en bevolking van 97 509 ‘n Gr. 3-munisipali­teit wat ‘n 4% verhoging regverdig.

Selfoontoe­laag van R3 400 en datatoelaa­g van R300 per maand bly egter onverander­d.

Indien die verhoging deur die LUR goedgekeur word sal die burgemeest­er se salarispak­ket vir die boekjaar 2018/2019 van R795 913 per jaar vermeerder tot R827 749, dié van die onderburge­meester en speaker van R636 731 tot R662 200, lede van die burgemeest­erskomitee s’n van R596 936 tot R620 813 en dié van gewone raadslede van R251 877 tot R261 952.

Die verhogings, terugwerke­nd vanaf 1 Julie 2018, beloop ‘n bykomende R297 521 wat die totale bedrag aan salarisse vir raadslede te staan bring op R9 978 miljoen.

Die voorstel is ingedien deur raadslid George Kersop, portefeulj­evoorsitte­r van finansies, gesekondee­r deur raadslid Henry Tyatya, hoofsweep van die ANC.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa