Oudtshoorn Courant

Calitzdorp­ers moedeloos oor misdaad

- TISHA STEYN

Inwoners van Calitzdorp sit met die hande in die hare oor die voorkoms van misdaad. Terwyl dit veral nuwe intrekkers is wat deur die misdaad ontnugter is, is dit duidelik dat die hele gemeenskap sowel as boere bekommerd is oor die wetteloosh­eid. Vroue wat alleen woon en wie se huise geteiken word, voel ook toenemend onveilig.

“Ten spyte van munisipale verordenin­gs, neem dronkenska­p, urinering en rommelstro­oiing op straat, diefstal van vrugte in die seisoen en goed beplande inbrake, aanranding en dwelmhande­l toe,” sê Deon Kriek, voorsitter van die Calitzdorp Aksiegroep en visevoorsi­tter van die Calitzdorp-toerismeko­mitee, wat die dorp van verval wil red.

“‘n Week gelede is twee kinders van onderskeid­elik 10 en 12 jaar oud, helder oordag in ‘n vrou se plaashuis betrap. Die inhoud is beskadig, die mure is met spuitverf ontsier en daar is op die matte ontlas,” se Kriek.

“Die buurtwag het die kinders in die huis aangetref. Hulle is na hul ma se huis op die plaas geneem, waar sy onder die invloed van dwelmmidde­ls aangetref het.”

In die jongste voorval was daar Donderdaga­and 10 Januarie twee pogings om by nog ‘n vrou se huis in te breek en die afgelope weke is vier skootreken­aars uit huise en voertuie gesteel.

Die inwoners vermoed die inbrake hou verband met dwelmversl­awing wat deur bendes uitgebuit word en dat hulle jong kinders aanhits om in te breek met die belofte van vergoeding.

“Die nuwe intrekkers lewer ‘n belangrike bydrae tot die dorp se ekonomie deur die toeriste-infrastruk­tuur wat hulle skep. Weens die droogte is daar nie seisoenwer­k in die vrugtebedr­yf nie en toerisme is die enigste volhoubare manier om die dorp aan die gang te hou.”

‘n Nuwe intrekker wat anoniem wil bly sê: “Ons het hierheen gekom om ‘n gastehuis te vestig, en ons voel steeds dat ons hier ‘n toekoms het. Maar iets moet dringend aan die misdaad gedoen word, want ons wil hê Calitzdorp moet ‘n gewilde en veilige toerismebe­stemming wees.”

Drie nuwe buurtwagte patrolleer saam met die bestaande buurtwag die verskillen­de gebiede van die dorp omdat die polisie te min personeel het om die uitgebreid­e gebied te bedien.

“Ons doen ‘n beroep op die politici, die polisie en die regstelsel, asook die verskillen­de department­e om toe te tree tot die stryd teen misdaad,” sê Kriek.

Navrae oor die misdaadsit­uasie in Calitzdorp is Maandag aan die polisie se woordvoerd­er in die Suid-Kaap gerig, maar geen terugvoer is teen gister ontvang nie.

Kontak Deon Kriek by 082 466 0486 vir meer inligting oor die Aksiegroep en buurtwagte.

“Ons doen ‘n beroep op die politici, die polisie en die regstelsel, asook die verskillen­de department­e om toe te tree tot die stryd teen misdaad,”sê Kriek.

 ??  ?? Die toestand waarin ‘n huis gelaat is nadat twee jeugdiges ingebreek het.
Die toestand waarin ‘n huis gelaat is nadat twee jeugdiges ingebreek het.
 ??  ?? ‘n Bendenomme­r is met spuitverf deur die inbrekers aangebring.
‘n Bendenomme­r is met spuitverf deur die inbrekers aangebring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa