Oudtshoorn Courant

Borgtog geweier aan man wat glo vermoor

- GARNETT WICOMB

Borgtog is Woensdag in die Oudtshoorn­streekhof aan ‘n man van De Rust, wat van moord en verkragtin­g van die 18-jarige Ronel Martins aangekla word, geweier.

Die staat beweer dat die verdagte, Flip le Grange (29) vir Martins, van die plaas Rietfontei­n in die De Rust-distrik, verkrag en daarna vermoor het.

Martins het op Vrydag 7 Desember 2018 op Middelplaa­s by familie gaan kuier, maar nooit weer by die huis opgedaag nie.

Haar liggaam is op Sondag 9 Desember in ‘n ou onbewoonde plaashuis gevind. Le Grange is die volgende dag in hegtenis geneem.

Hy het verlede week in sy borgaansoe­k erken dat hy Martins doodgemaak het omdat sy gedreig het om ‘n saak van verkragtin­g teen hom aanhangig te maak.

Landdros Roelf Konstabel het in sy uitspraak gesê Le Grange staan tereg op ‘n Bylae 6-misdryf waarvoor die voorgeskre­we vonnis lewenslang­e gevangenis­straf is, en hy moontlik met die vonnis in gedagte kan vlug.

Die hof het wel bevind dat hoewel geen basis gelê is dat hy met staatsgetu­ies sal inmeng, hulle te intimideer of regsplegin­g in gevaar bring nie, daar ‘n mate van bekommerni­s is ten opsigte van vorige skuldigbev­indings op klagtes van ‘n seksuele misdryf en aanranding.

“Dit wil voorkom asof die beskuldigd­e nie andere se liggame respekteer nie.”

Volgens die landdros het Le Grange in ‘n bekentenis aan die polisie erken dat hy Martins verkrag en vermoor het, maar met sy borgtogaan­soek aangedui dat hy slegs op die aanklag van moord skuldig gaan pleit.

Volgens die landdros sal dit skokgolwe deur die gemeenskap van Middelplaa­s en De Rust stuur indien borgtog toegestaan word.

“Dit sal vertroue in die howe ‘n knou gee en regsplegin­g in onguns bring,” het die landdros bygevoeg.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 1 Maart uitgestel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa