Oudtshoorn Courant

AgriSA president vergader met boere

- TISHA STEYN

Dan Kriek, president van AgriSA, het Dinsdagogg­end Klein-Karoo-boere se kwelvrae oor die toekoms van landbou in die lig van die veranderen­de politieke omgewing beantwoord.

Kriek, vergesel deur Cornie Swart, president van Agri Wes-Kaap, en Jannie Strydom, nuwe hoof-uitvoerend­e direkteur van Agri Wes-Kaap, het sowat 60 boere in die Klein-Karoo-groep se boeresaal tydens ‘n geslote vergaderin­g toegespree­k.

“Die doel van die geslote vergaderin­g was om boere die geleenthei­d te gee om kwelvrae oor sekere kwessies, asook AgriSA se posisie ten opsigte van huidige politieke woelinge in landbou, aan Dan te rig,” sê Laubscher Coetzee, boer en Agri Klein Karoo se verteenwoo­rdiger by Agri Wes-Kaap.

“Volgens Dan is dit nie nodig om die Grondwet te verander om grondontei­ening sonder vergoeding toe te laat nie. Hy sê ook hy is nie so bekommerd oor die veranderin­g aan Artikel 25 nie, want die nuwe bewoording is nog nie gefinalise­er nie. Hy voorsien ook nie dat dit voor die algemene verkiesing in Mei sal realiseer nie.”

Volgens Kriek wou AgriSA nie voor die finaliseri­ng van die bewoording optree nie, maar sal die kwessie na die verkiesing, in die nuwe parlement verder voer.

Volgens Coetzee het Kriek gesê: “Ons betree ‘n moeilike politieke tydperk in die volgende paar maande voor die verkiesing, en ons doen ‘n beroep op boere om kalm te bly.” Kriek het by boere gepleit om die hoë morele grond te handhaaf en nie toe te laat dat haatspraak hulle motiveer om ondeurdag op te tree nie. “Die doel van die haatspraak is om reaksie te ontlok sodat boere in woede ondeurdag optree. Boere moet kalm bly en nie toelaat dat hul primêre fokus van boerdery afgelei word nie.”

Op die vraag oor watter vervolging persone, en veral politieke leiers, wat haatspraak veral teenoor wit boere uiter, hulself blootstel, het Kriek gesê nuwe wetgewing sal hopelik hierdie persone “in die tronk kan laat beland”. Kriek het boere ook gemaan om self sekuriteit op hul plase op te knap. “In die Klein-Karoo is ons laks, omdat ons tot dusver nie blootgeste­l is aan ‘n ernstige misdaad op die plase nie,” sê Coetzee. “Volgens Dan bedryf boere van die Noord-Oos Vrystaat, waar hy boer, ‘n 24-uur patrollie-teenwoordi­gheid om plaasaanva­lle te voorkom.”

Volgens Coetzee het Kriek die versekerin­g gegee dat AgriSA oor sterk leierskap en kundiges beskik wat die politieke situasie kan ontleed en ten beste bestuur.

Na afloop van die vergaderin­g het Coetzee vir Kriek op ‘n vlug oor die omgewing onderneem om die omvang van die droogte onder sy aandag te bring. Die vlug is geborg deur die plaaslike vliegklub.

Volgens Kriek wou AgriSA nie voor die finaliseri­ng van die bewoording optree nie, maar sal die kwessie na die verkiesing, in die nuwe parlement verder voer.

 ??  ?? ‘n Lugfoto wat tydens Dinsdag se vlug van Dan Kriek en Laubscher Coetzee oor die dorre Klein-Karoo geneem is.
‘n Lugfoto wat tydens Dinsdag se vlug van Dan Kriek en Laubscher Coetzee oor die dorre Klein-Karoo geneem is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa