Oudtshoorn Courant

Rolbalklub bied sakeliga aan

- Wyndham Ewerts

Oudtshoorn Rolbalklub bied vanaf 6 Februarie ‘n sakeliga rolbaltoer­nooi aan. Volgens Gertjie Bekker, organiseer­der van die toernooi, is enige besigheid welkom om in te skryf. “Hierdie toernooi is die ideale geleenthei­d vir besighede om bietjie span te bou en ook om sosiaal met ander besighede van Oudtshoorn te verkeer,” het hy gesê.

Inskrywing­sgelde beloop R900 per span (vier lede). Ingesluit by die prys sal die spelers ook gratis hamburgers te eet kry op die dae van spel.

Algemene reëls van die wedstryde is as volg: Wedstryde word oor 12 koppe beslis (tot 19:30), Spanlede mag wissel, Deelnemers mag met kleredrag van hul eie keuse deelneem. Afrigters en helpers sal ook voorsien word indien nodig.

Die wenners van dié sakeliga rolbaltoer­nooi sal wegstap met R1 200 as prysgeld, terwyl die naaswenner­s (R1 000) en die derde plekke (R800) onderskeid­elik sal inpalm.

Voornemend­e deelnemers kan Gertjie Bekker by 044 272 2523 of 072 246 7792 kontak.

 ??  ?? Sake-liga rolbalspel­ers in diepe gesprek met mekaar.
Sake-liga rolbalspel­ers in diepe gesprek met mekaar.
 ?? Foto verskaf ?? Ian Loubscher, Munisipale-amptenaar, in aksie tydens 2017 se sake-rolballiga.
Foto verskaf Ian Loubscher, Munisipale-amptenaar, in aksie tydens 2017 se sake-rolballiga.
 ??  ?? Een van die rolbalspel­ers konsentree­r hard om die bal perfek te rol.
Een van die rolbalspel­ers konsentree­r hard om die bal perfek te rol.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa