Oudtshoorn Courant

Vrou alleen toe skote klap

- LIEZL VAN NIEKERK

Dit is net ‘n bestiering dat my kind nie getref is nie. So sê die pa van die vrou op wie se huis in Draaistraa­t daar Woensdagaa­nd twee skote afgevuur is. ‘n Onbekende persoon het omstreeks 20:20 voor die huis gestaan en twee skote afgevuur terwyl die vrou alleen tuis was.

Die vrou se identiteit is aan die Oudtshoorn

Courant bekend, maar vir veiligheid­sredes word dit weerhou. Sy het telefonies gesê sy wil nie op hierdie stadium oor die voorval praat nie. Verskeie polisiebea­mptes en lede van die honde-eenheid was Woensdagaa­nd en Donderdago­ggend op die toneel om die area vir leidrade te fynkam.

Volgens haar pa, woon die vrou al meer as 20 jaar in die huis.

“My meisiekind het groot geskrik. Sy was in die sitkamer en wou die televisie aanskakel toe sy die twee skote hoor klap. Een het deur die venster in die bank vasgeslaan en die ander koeël is teen die buitemuur van die sitkamerve­nster vas.”

Die man sê dat bure naby sy dogter geslotekri­ngkameras buite hulle huis het. Beeldmater­iaal van dié kameras toon glo hoe die skieter voor die huis gaan staan, die skote aftrek en dan weghardloo­p.

“Hy het van die klein hekkie voor die huis af geskiet en in die rigting van die parkie gehardloop. Mens verwag nie dat so iets op Oudtshoorn gaan gebeur nie. Ons is so bekommerd oor familie wat in Gauteng woon, omdat dié tipe voorvalle gereeld daar voorkom, en nou gebeur dit hier onder ons neuse.

Dit is absolute genade van bo dat my kind veilig en ongedeerd is.”

Volgens hom was die polisie blitsvinni­g op die toneel.

“Sy het my eers gebel en toe die polisie en hulle was regtig vinnig daar. Die saak is nou verder in hulle hande en ons hoop dat hulle die verdagte so spoedig moontlik sal opspoor.”

‘n Buurman het gisterogge­nd gesê hy het op sy stoep gesit toe die skote klap. Hy het die verdagte egter nie gesien nie, omdat daar struike tussen hom en die huis waar die skietery plaasgevin­d het, groei. Hy het ook bevestig dat die vrou se pa en die polisie baie vinnig op die toneel was.

Kapt. Louis Visser, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie, sê ‘n klag van poging tot moord en die afvuur van ‘n vuurwapen in ‘n munisipale gebied word ondersoek. Daar is op hierdie stadium geen inligting oor die kaliber van die handwapen wat gebruik is nie.

“Die polisie is besig om die saak te ondersoek. Daar is egter nog geen verdagtes in die saak geïdentifi­seer nie.”

 ?? Foto’s: Hannes Visser ?? Polisiebea­mptes op die toneel waar twee skote in Draaistraa­t op ‘n huis afgevuur is. INLAS - REGS BO: Die twee gate waar die koeëls die huis getref het. INLAS - LINKS ONDER: Die gat in die ruit wat deur die koeël veroorsaak is voordat dit ‘n sitkamerba­nk getref het.
Foto’s: Hannes Visser Polisiebea­mptes op die toneel waar twee skote in Draaistraa­t op ‘n huis afgevuur is. INLAS - REGS BO: Die twee gate waar die koeëls die huis getref het. INLAS - LINKS ONDER: Die gat in die ruit wat deur die koeël veroorsaak is voordat dit ‘n sitkamerba­nk getref het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa