Oudtshoorn Courant

Winterfees betrek meer plekke

- HANNES VISSER

Alhoewel die Calitzdorp Winterfees die afgelope naweek stiller was as die vorige jaar, is die organiseer­ders ingenome met die nuwe formaat waarin die fees aangebied is.

Een van die organiseer­ders, Annarie Cornelius, het na afloop van die fees gesê: “Die fees was in ’n nuwe formaat hierdie jaar om dit meer gebruikers­vriendelik te probeer maak. Ons wou mense elke kelder se unieke atmosfeer laat ervaar daarom was dit meer verspreid. Dit was wel baie stiller as gevolg van die land se ekonomiese omstandigh­ede en die droogte wat die Suid-Kaap nog kniehalter, maar ons is baie tevrede met die ondersteun­ing.”

Sy beskou die fees as ‘n sukses en sê die organiseer­ders is bewus van heelwat kwessies wat nog kan verbeter. Verskeie wynkelders is Saterdag uitstekend ondersteun met besoekers wat tougestaan het om die dorp se uitsoekwyn­e te proe. Die Garden Routedistr­iksmunisip­aliteit het ook vanjaar ‘n finansiële bydrae tot die fees gemaak. Een van die keldereien­aars op die dorp het Saterdag gesê dat elke stukkie inisiatief wat aan die dag gelê word, meehelp om die dorp se ekonomie in die greep van die droogte te help.

Hy noem byvoorbeel­d dat daar onder normale omstandigh­ede bykans 450 tydelike werksgelee­nthede in die winter was wanneer nuwe wingerde aangeplant word. “Met die droogte word daar egter niks aangeplant nie, en daardie mense sit sonder enige inkomste.”

Volgens die organiseer­ders is die Winterfees ‘n geleenthei­d wat op die dorp se jaarlikse kalender sal bly.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Besoekers by die Winterfees ontspan by De Krans se bistro met musiek in die agtergrond.
Foto: Hannes Visser Besoekers by die Winterfees ontspan by De Krans se bistro met musiek in die agtergrond.
 ?? Foto verskaf ?? Boplaas se stoep was een van die gewilde kuierplekk­e tydens die afgelope naweek se Winterfees.
Foto verskaf Boplaas se stoep was een van die gewilde kuierplekk­e tydens die afgelope naweek se Winterfees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa