Oudtshoorn Courant

Niggies saam begrawe

- GARNETT WICOMB

Die Nicholania-saal in Impalaweg, Bridgton, was Saterdag te klein vir die begrafnisd­iens van die twee niggies, JamyLee Jonas (15) en Mia Lewis (8) wat voorverled­e Sondag op die Calitzdorp-pad in ‘n botsing tussen twee bakkies gesterf het.

Pastoor Niklaas Stander van die Vryheidsge­meente, het die twee meisies as twee pragtige sonneblomm­e beskryf wat vroeg deur die Here gepluk is.

“Die ongeluk het hulle van hul toekoms beroof, maar wees verseker dat hulle in ‘n veilige plek is.”

‘n Familielid, Godfrey Lottering, het in sy huldeblyk die 15-jarige Jamy-Lee beskryf as ‘n pragtige dogter “van binne en buite”.

“Sy was ’n op-en-wakker kind met ‘n sprankelen­de persoonlik­heid wat respek afgedwing het. Haar skoolwerk was vir haar ‘n prioriteit en wou net altyd meng met positiewe mense.”

En die agtjarige Mia was haar oupa James en ouma Lucy se trots.

“Sy was die een wat gesorg het dat haar ouma haar medikasie op tyd kry en die motorhek vir haar oupa oopgemaak het.”

Leerders van die Hoërskool Môrester waar Jamy-Lee ‘n gr 9-leerder was en die Laerskool Sacred Heart, waar Mia ‘n gr 3-leerder was, het ‘n erewag buite die Nicholania-saal en by die begraafpla­as gevorm.

Môrester leerders het tydens die roudiens om die kis van Jamy-Lee gestaan en die skoollied gesing.

Die Oudtshoorn Courant het verlede week oor die botsing berig. Die twee niggies was insittende­s van ‘n VW Caddy-bakkie wat op Sondag 9 Junie op die Calitzdorp-pad met ‘n Ford Ranger bakkie gebots het wat na bewering ‘n U-draai in die pad gemaak het. Hulle was saam met ander familieled­e op pad na Oudtshoorn nadat hulle die vorige dag ‘n begrafnis op Calitzdorp bygewoon het. Nog twee insittende­s van die Caddy is in die botsing beseer.

Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.

 ?? Foto: Garnett Wicomb ?? Medeleerde­rs van die twee niggies het die begrafnis Saterdag bygewoon.
Foto: Garnett Wicomb Medeleerde­rs van die twee niggies het die begrafnis Saterdag bygewoon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa