Oudtshoorn Courant

Droogtehul­p-vervoer benodig

- ALIDA DE BEER

Die South African Water Warriors is op soek na ‘n sentrale stoorplek in George vir skenkings wat van gebiede elders in die land af inkom vir boere in die Oudtshoorn­omgewing.

Vervoer van die skenkings van George na Oudtshoorn word ook benodig.

Boere in die Oudtshoorn-omgewing gaan nou vir die vyfde jaar onder droogte gebuk. Volgens Pieter du Plessis van Water Warriors, het hulle persone in Thabazimbi, die Oos-Kaap, Vaaldrieho­ek, Gauteng en die Wes-Kaap wat troeteldie­rkos, kruidenier­sware en water insamel vir die boere.

“Vyf koeriers vervoer die goedere gratis tot in George, vanwaar ons dit op 20 Julie in ‘n konvooi oor die berg wil neem. Ons reik uit na ongeveer 150 gesinne, wat plaaswerke­rs insluit.”

Water Warriors benodig ook vervoer vir voerskenki­ngs uit die omgewing van Aliwal-Noord, waar ongeveer 70 bale voer beskikbaar is, asook Koppies waar nog 70 bale asook 35 ton mielies wag om vervoer te word. “Die vervoer hiervan gaan verkieslik direk na Oudtshoorn. Ons het nou die dag 30 ton makataan deurgestuu­r na Oudtshoorn waar die boere dit reeds vir hul diere gegee het.”

Van volgende week af begin die organisasi­e met nog ‘n insameling­sveldtog by supermarkt­e waar mense skenkings in trollies sal kan plaas.

Du Plessis sê tussen 15 00 tot 1 800 boere in die Noord-Kaap benodig ook droogtehul­p. “Ons volgende uitreik sal seker in daardie rigting gaan, maar vir nou konsentree­r ons op Oudtshoorn.”

Mense wat kan help met vervoer van kruidenier­s- en waterskenk­ings van George na Oudtshoorn of met vervoer van bale en mielies, kan Du Plessis skakel by 076 844 6435. Die borg van brandstofk­oste is ook welkom.

“In die laaste vier jaar is daar na raming R1 miljard se verliese gely omdat daar geen lusernprod­uksie in die Klein-Karoo was nie,” sê Du Plessis. In die volstruisb­edryf word die verliese oor die afgelope drie jaar op R1,3 miljard gereken.

“Daar is ook verliese aan arbeid. Tans is daar sowat 180 mans onder die boere asook op die dorp wat oorsee werk om ‘n inkomste te genereer vir hul gesinne.

Die werklooshe­id word gereken op 80% direk en indirek weens boere se produksiev­erliese.”

 ??  ?? Van die spoghonde wat die afgelope naweek aan die skou deelgeneem het.
Van die spoghonde wat die afgelope naweek aan die skou deelgeneem het.
 ??  ?? ‘n Vragmotor gelaai met bale geskenkte voer.
‘n Vragmotor gelaai met bale geskenkte voer.
 ?? Foto’s: Liezl van Niekerk ??
Foto’s: Liezl van Niekerk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa