Oudtshoorn Courant

Spoghonde in Oudtshoorn byeen

- LIEZL VAN NIEKERK

Die jaarlikse hondeskou het weer die afgelope naweek op Oudtshoorn plaasgevin­d.

Ongeveer 220 spoghonde van 56 verskillen­de rasse het deelgeneem.

Volgens Philip van Zyl, ‘n organiseer­der van die skou, is dit die 42ste jaar wat die skou op Oudtshoorn gehou word.

“Die Outeniqua-hondeklub en Georgehond­eklub bied die skou saam aan. Elkeen van die klubs bied twee skoue oor die naweek aan wat beteken dat daar vier skoue in totaal was.

“Daar is sewe groepe waarin die honde kan deelneem, van jaghonde, terriers tot veeldoelig­e honde,” het Van Zyl verduideli­k.

Hy sê dat telers van oor die land heen aan die hondeskou op Oudtshoorn deelneem.

“Deelnemers geniet die rustigheid van die platteland en die skoue hier se atmosfeer verskil heeltemal van die in die stede.”

Volgens hom is die deelnemers telers met opregte, geregistre­erde honde en hoop hulle om die belangrikh­eid van opregte honde aan die publiek oor te dra.

“Dit is natuurlik ‘n pluimpie in elke teler se hoed en is ook ‘n bewys van ‘n goeie bloedlyn, met ander woorde, indien iemand besluit om ‘n opregte hond te koop kan hulle sien dit is nie agterplaas­telers nie.”

Van Zyl sê dit is egter hartseer om te sien dat daar nie baie publieke deelname is.

“Ons het voorheen gehoorsaam­heidsklass­e ensomeer vir honde-eienaars aangebied, maar dit loop na ‘n rukkie dood. Mense wil dit nie volhou nie.”

Hy nooi belangstel­lendes om by die klub betrokke te raak. Vir meer inligting skakel Van Zyl by 082 5050 520.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa