Oudtshoorn Courant

Kunstenaar­s gooi ateljeedeu­re oop

- MARLENE MALAN

Kunstenaar­s in en om Prins Albert gooi volgende maand hulle deure vir die publiek oop met die Open Studio’s-tuisuitsta­lling. Altesame 25 kunstenaar­s, wat in ongeveer 20 verskillen­de mediums werk, neem deel aan die uitstallin­g vanaf 5 tot 8 Julie.

Dit is die vierde Open Studios wat hier aangebied word – ’n sesmaandel­ikse uitstallin­g waarvan die eerste een in Desember 2017 was. Dit is die idee van die plaaslike houtdrukku­nstenaar Joshua Miles, en word deur Collette Hurt, nog ’n Prins Albertse kunstenaar, bestuur.

Die mediums sluit onder meer in olieverf, waterverf, etse, linodrukwe­rk, beeldhouwe­rk, metaalwerk, gemengde media, weefwerk, illustrasi­es, drukwerk, keramiek, juweliersw­are, fotografie, kalligrafi­e, glaskuns, skeppende letterwerk, funksionel­e kunswerke, poppemaker­y en landskapsk­uns.

Behalwe die vaste uitstallin­g van ’n verskeiden­heid kunswerke in die Prince Albert Gallery in die hoofstraat kan besoekers die kunstenaar­s oor dié naweek in hul ateljees besoek om te kyk hoe hulle werk. Hulle kan hier van die kunswerke aanskaf. ’n Spesiale roetekaart is by die kunsgalery beskikbaar.

Die naweek word voorafgega­an deur twee werksessie­s: Op Woensdag 3 Julie bied die letterkuns­tenaar Heleen de Haas ‘Writing with nature’s tools’ op die plaas Aswater (tussen Prins Albert en De Rust) aan, en op Donderdag 4 Julie bied die beeldende kunstenaar Di Johnson-Ackerman ’n linosnee-werksessie aan.

Miles het Open Studios begin nadat hy en medekunste­naars op sy vorige woonplek, Baardskeer­dersbos, ’n kunstefees op dieselfde beginsel begin het. Die afgelope drie Open Studios-uitstallin­gs in Prins Albert het vinnig gegroei, met honderde toeriste wat dan op die dorp toesak en die kunstenaar­s in hul ateljees besoek.

Terwyl die meeste van die uitstaller­s kuns as voltydse loopbaan bedryf, sê Miles Open Studios is nie net gereservee­r vir profession­ele kunstenaar­s nie.

Christelle Smit, ’n onderwyser­es by die Hoërskool Zwartberg, bestempel haarself as ’n deeltydse en nie-profession­ele kunstenaar. Dit is haar derde Open Studios-deelname.

“Dit bied vir my blootstell­ing as onbekende kunstenaar. Dit gee my ook die geleenthei­d om my talent te ontwikkel en ’n rede om my talent te ontwikkel. Ek wil graag, nadat ek afgetree het, ’n gevestigde kunstenaar wees. Dit beteken dat ek nou moet eksperimen­teer om ’n styl en gunsteling­medium te vind, want tans doen ek nog wat in my gedagtes kom en toets verskillen­de media uit. Ek het egter begin beweeg in die rigting van oliepastel­le en vind dit verrykend.”

• Van die ander deelnemend­e kunstenaar­s is: Cobus van Bosch, Kevin de Klerk, Sally Arnold, JP Meyer, John O’Sullivan, Janet Dirksen, Joanna Orr, Di Van der Riet-Steyn, Jurgen Schadeberg, Sheila Coutouvidi­s, Kashief Booley, Renée Calitz, Hélène Smit, Pat Hyland, ‘Brita Dolls’, Sue Hoppe en Lara Evans.

Vir meer inligting oor Open Studios: collettehu­rt@gmail.com of karoogalle­ry@ intekom.co.za of skakel 023 5411 057.

 ??  ?? ‘n Funksionel­e kunswerk deur Pat Hyland.
‘n Funksionel­e kunswerk deur Pat Hyland.
 ??  ?? ‘n Kunswerk deur Sue Hoppe
‘n Kunswerk deur Sue Hoppe

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa