Oudtshoorn Courant

Jeugdag in kerk en op sportterre­in gevier

- GARNETT WICOMB

Twee organisasi­es het Jeugdag die afgelope naweek op Oudtshoorn met ‘n kerkdiens en sportdag gevier.

Die Oudtshoorn Christelik­e Jeugforum (OCJF) het Sondag ‘n kerkdiens in die Toekomsrus-gemeenskap­saal gehou terwyl die Gemeenskap Intergener­asie Sport, Kultuur en Opvoedkund­ige Programme (GISKOP), ‘n nie-winsgewend­e gemeenskap­sorganisas­ie, Maandag ‘n sportdag op die Bridgton-sportterre­in gereël het.

Tydens Sondag se kerkdiens het die Eden-polisiehoo­f, genl.maj. Oswald Reddy, die burgemeest­er van Oudtshoorn, Colan Sylvester en streekhofa­anklaer, adv. Michelle Weyers as sprekers opgetree terwyl die boodskap deur pastoor Rhyno Davidson van Uniondale gebring is.

Reddy het in sy toespraak die OCJF geloof vir die werk wat die organisasi­e onder die jeug van Oudtshoorn doen.

Hy het met verwysing na twee jongmense wat die vorige aand op George vermoor is, gevra in watter soort gemeenskap word ‘n lewe so goedkoop gemaak.

Volgens hom is dit grotendeel­s drank en dwelms wat lei tot die huidige vlae van geweld.

Sy boodskap aan volwassene­s was om alkohol verantwoor­delik te gebruik en vir die jeug dat hulle nie sonder drome moet leef nie.

Tydens Maandag se sportdag van GISKOP het kinders aan raakrugby, sokker, netbal, boeresport en dominos deelgeneem. Hoewel dit die jeug se dag was het twaalf spanne met grotendeel­s volwassene­s aan die dominokomp­etisie deelgeneem en groot belangstel­ling gelok.

Volgens Mark Jackson, voorsitter van Giskop, is die dag moontlik gemaak met die ondersteun­ing van die Oudtshoorn­munisipali­teit se jeugkantoo­r, Meals on Wheels, die departemen­t sport en kultuur, maatskapli­ke ontwikkeli­ng, Sasko Sam, die Oudtshoorn-polisiedie­ns, die Oudtshoorn­groentemar­k en die Bridgton-rugbyklub.

Die dag het begin met ‘n optog vanaf die Bongolethu-sirkel wat gelei is deur ‘n blaasorkes waaraan ‘n groep senior burgers ook deelgeneem het.

 ?? Foto: Garnett Wicomb ?? Die Revival Kids lewer ‘n dansitem tydens Maandag se Jeugdagvie­ring op Oudtshoorn.
Foto: Garnett Wicomb Die Revival Kids lewer ‘n dansitem tydens Maandag se Jeugdagvie­ring op Oudtshoorn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa