Oudtshoorn Courant

Boereveren­iging skenk verwarmers

-

“Dit is die eerste keer dat boere vir ons iets doen en dit is vir ons ‘n riem onder die hart dat ons ondersteun word deur hierdie groep wat help om die dorp se ekonomie aan die gang te hou.”

Aan die woord is

Hettie Coleman, hoof van

Gottlandhu­is, wat

12 muurverwar­mers, geskenk deur die Kangovalle­ielandbouv­ereniging, in ontvangs geneem het.

Gottlandhu­is is deel van Oudtshoorn se ACVV. In hierdie 114-jaar-oue huis word kamerverso­rging verskaf aan die 31 inwoners. “Daar is geen veranderin­g aangebring aan die oorspronkl­ike truktuur nie. Die perseel bestaan uit vier blokke, waarvan die oorspronkl­ike perdestall­e omskep is in enkelkamer­s, wat die inwoners self meubileer. Ons het nie ‘n siekeboeg nie. Wanneer bejaardes hier verswak word hulle verskuif na Bellinghan­hof,” vertel sy.

Die inwoners het verskeie gemeenskap­sprojekte soos byvoorbeel­d broodjies wat elke Donderdag aan die hospitaal se kindersaal voorsien word en komberse hekel en brei vir mense met gestremdhe­de.

Volgens Chris Botha, ondervoors­itter van die landbouver­eniging, is die verwarmers aangekoop uit ‘n gedeelte van die wins wat die vereniging gemaak het uit die Kango Agri Expo van 2018. Vanjaar se fonsdinsam­elingspogi­ng wat weer gedeelteli­k vir gemeenskap­sprojekte aangewend word, is ‘n pret-gholfdag wat op 5 Oktober aangebied word. Vir navrae oor deelname aan die gholfdag, kontak Kobus Theron by 079 619 0124.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa