Oudtshoorn Courant

Geen keer aan All Blacks

- WYNDHAM EWERTS

All Blacks-rugbyklub se A-span het Saterdag sy sewende agtereenvo­lgende oorwinning in die SWD Presidents­liga behaal toe hy Uniondale United op die Oudtshoorn-sportterre­in met 31-28 geklop het. Alhoewel die All Blacks nie gevaar geloop het om te verloor nie, is die eindtellin­g ‘n pluimpie vir Uniondale se vasberaden­heid.

Die swart truie het die enigste punte in die eerste helfte aangeteken toe Anrich Daniëls (vleuel) twee onverdoeld­e drieë gedruk het om sy span teen rustyd met 10-0 te laat voorloop.

Daniëls wat voorheen ‘n All Blacks-speler was, het die afgelope drie jaar vir Bridgtonru­gbyklub gespeel. Hy het egter vanjaar besluit om na sy spreekwoor­delike huis te keer.

Hierdie vlugvoetig vleuel het nie teleurgest­el nie, en het sy eerste wedstryd behoorlik in styl gevier toe hy ‘n driekuns van drieë behaal het. In die tweede helfte het die spel losgetorri­ng met albei spanne se verdedigin­g wat veel te wense oorgelaat het. Vir die tuisspan was Nathan Baartman (senter) deurgaans aan die voorpunt van sy span se teenaanval­le met sy dodelike systappe.

All Blacks het in hierdie periode vyf drieë teenoor Uniondale se vier drieë gedruk. Vinchenzio Adams, skrumskake­l van All Blacks, kon daarin slaag om drie doelskoppe deur die pale te jaag. Mortimer Filander (haker), Nathan Baartman (senter), Colin Winster (agsteman), Marvin Wilkens (heelagter) en Anrich Daniëls (drie drieë) het almal agter die pale gaan kuier.

Met hierdie oorwinning beklee All Blacks tans die derde posisie op die algehele SWD Presidents­liga punteleer. All Blacks se volgende wedstryd is Saterdag teen Spring Roses by die Bridgton-sportterre­in. Spring Roses het tot dusver vanjaar nog net een ligawedstr­yd verloor. In nog ‘n SWD Presidents­ligawedstr­yd het Collegians Saterdag op die Bridgton-sportterre­in die sukkelende Adias van Volmoed met 38-3 geklop.

 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Mortimer Philander op pad om sy drie te druk.
Foto’s: Wyndham Ewerts Mortimer Philander op pad om sy drie te druk.
 ??  ?? Anrich Daniëls het drie drieë in dié wedstryd gedruk. In die agtergrond kyk ‘n mismoedige speler van Uniondale toe hoe Daniëls oordraf vir sy derde drie.
Anrich Daniëls het drie drieë in dié wedstryd gedruk. In die agtergrond kyk ‘n mismoedige speler van Uniondale toe hoe Daniëls oordraf vir sy derde drie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa