Oudtshoorn Courant

Baba met stomp voorwerp doodgeslaa­n

- GARNETT WICOMB

Die verhoor van ‘n man van Dysselsdor­p, wat van moord op sy 14 maande oue stiefdogte­r aangekla word, het in die Oudtshoorn-streekhof met die getuienis van ‘n spesialis forensiese patoloog begin.

Calvin Adams word daarvan aangekla dat hy die baba op 12 of 13 Februarie 2018 met ‘n stomp voorwerp gekap of geslaan het. Sy het die volgende dag in die George-hospitaal gesterf.

Dr. Christa Hattingh het getuig dat die kind ernstige kop- en borsbeseri­ngs opgedoen het wat met ‘n stomp voorwerp toegedien is.

Die kind se ma, Diana Lewies, is na die getuienis van Hattingh geroep wat die hof versoek het om in camera te getuig.

Adams pleit onskuldig en voer aan dat die kind “sleg” geval het.

Christolen­e Langeveldt, Lewies se suster, het getuig dat sy en haar pa die beskuldigd­e na die begrafnis ingeroep en gevra het wat presies met die kind gebeur het. Hy het hulle toe meegedeel dat die kind “sleg” geval het en hulle het die saak daargelaat.

Langeveldt het onder kruisverho­or erken dat die beskuldigd­e nie alkohol gebruik nie, maar wel dagga rook. Volgens haar het sy nie enige merke aan die kind gesien nie. Sy het getuig dat die beskuldigd­e die ambulans geskakel het toe hulle nie die kind kon wakker kry nie.

Op ‘n vraag van Adams se reg shulpp rokureur, Wenzel Botha, of sy gesien het dat hy die kind geskud het om wakker te word het sy dit ontken.

Die saak word deur streekland­dros, Ntsoki Moni, aangehoor en is vir getuienis van die ondersoekb­eampte tot 24 Julie uitgestel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa