Oudtshoorn Courant

Sewe jaar vir huisbraak

- GARNETT WICOMB

'n Man van Prins Albert wat aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal skuldig bevind is, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof sewe jaar gevangenis­straf opgelê.

Arrie Christiaan­s (38) het op 4 September 2018 by die huis van Allen Green ingebreek en beddegoed, ’n bedlampie en kruidenier­sware ter waarde van sowat 'n R1 000 gesteel. Hy het skuldig gepleit.

Die staatsaank­laer, Willem Vister, het vir direkte gevangenis­straf gevra omdat vorige vonnisse wat Christiaan­s opgelê is, nie die gewenste uitwerking op hom gehad het nie. "Die belang van die gemeenskap speel ’n groot rol en daarom sal ’n opgeskorte vonnis soos deur die verdedigin­g versoek nie ‘n gepaste vonnis wees nie." Wenzel Botha van die Regshulpra­ad het die hof versoek om Christiaan­s se tien maande in aanhouding en die feit dat hy skuldig gepleit het vir vonnis in ag te neem. Streekland­dros Ntsoki Moni het met vonnisople­gging gesê die saak is van die distriksho­f na die streekhof oorgeplaas omdat vonnisse wat hy in die laerhof opgelê is hom nie gerehabili­teer het nie.

Hy is nie ’n eerste oortreder nie en moet uit die gemeenskap geneem word om hulle teen mense soos hy te beskerm.

Volgens die landdros moet ’n vonnis ook opgelê word wat andere sal weerhou om dié soort misdaad te pleeg wat algemeen in die hof se bedienings­gebied voorkom.

Sy het Christiaan­s tot sewe jaar gevangenis­straf gevonnis en ook onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit.

Hy moet ook enige vuurwapen en ammunisie in sy besit aan die staat oorhandig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa