Oudtshoorn Courant

Man wat vrou aan die brand steek in hof

- GARNETT WICOMB

Die verhoor van ‘n man van Dysselsdor­p wat daarvan aangekla word dat hy sy saamleefma­at aan die brand gesteek en sy later gesterf het, het verlede week in die Oudtshoorn-streekhof met die getuienis van die oorledene se dogter begin.

Gert Malgas (35) staan tereg op aanklag van moord, drie aanklagte van poging tot moord, brandstigt­ing, intimidasi­e en regsveryde­ling. Hy ontken skuld.

Malgas het glo die aand van 2 Januarie 2018 paraffien op sy saamleefma­at, Josephine Jacobs (37), gegooi en haar aan die brand gesteek waar sy op ‘n bed saam met haar jongste seun, Gerano, gelê het.

Die Oudtshoorn Courant het verlede jaar berig dat Gerano, die seun wat op daardie stadium sewe jaar oud was, 60% brandwonde aan sy lyf opgedoen het.

Josephine is na die voorval in ‘n Kaapse hospitaal opgeneem en het drie operasies ondergaan waar dokters van die dooie vel en vleis moes verwyder.

Sy het meestal brandwonde op haar lyf, bene en onder haar voete en gesig opgedoen. Sy het tydens die operasies baie bloed verloor en die dokters het gereeld bloedoorta­ppings gedoen.

Sy was ook aan ‘n ventilator gekoppel en kon nie op haar eie asem haal nie. Sy is ook op antibiotik­a geplaas, maar weens ‘n infeksie wat sy opgedoen het kon haar liggaam nie meer nie. Haar hart het verswak en haar niere het ook ingegee.

Josephine se dogter en nog ‘n seun was ook in die vertrek en het uitgehardl­oop toe hul ma aan die brand gesteek is.

Jacobs se 16-jarige dogter was die eerste van nege staatsgetu­ies wat verlede week begin getuig het. Volgens haar het Malgas die aand van die voorval glo gesê dat hulle nou sal sien wat gaan gebeur.

Hy het daarna lampolie op haar ma gegooi en ‘n vuurhoutji­e op haar gegooi. Toe haar klere en hare brand het hy haar uit die huis gesleep en glo gesê dat sy maar kan uitbrand. Bure het Gerano uit die huis gehelp. Hy het daarna van die toneel weggehardl­oop, maar hom later self aan die polisie oorgegee.

Volgens die dogter het sy toe na haar ouma se huis gehardloop om hulp te kry terwyl haar broer en ‘n vriend probeer het om haar ma te help. Bure het met ‘n tuinslang probeer om hul woning, wat ook begin brand het, te red.

Haar ma het glo 30% brandwonde opgedoen en is later in die hospitaal oorlede. Die dogter het ook getuig dat Malgas haar met die dood gedreig het.

Hy blameer haar vir die brand en dat hy haar nog sal doodmaak voordat hy tronk toe gaan. Die saak dien voor streekland­dros, Ntsoki Moni, en is na die getuienis van ‘n minderjari­ge kind van die oorledene vir verdere verhoor tot 24 Julie uitgestel.

Malgas bly in aanhouding aangesien hy borgtog geweier is.

 ??  ?? Gerano Jacobs (7) waar hy verlede jaar in die hospitaal vir sy brandwonde behandel is.
Gerano Jacobs (7) waar hy verlede jaar in die hospitaal vir sy brandwonde behandel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa