Oudtshoorn Courant

Motoriste se samewerkin­g gevra

- HANNES VISSER

Motoriste word gevra om geduldig te wees en versigtigh­eid aan die dag te lê by die verskillen­de verkeers beheerpunt­e tussen George en Oudtshoorn. Dit is die beroep van die kontrakteu­r wat tot ten minste November met opgraderin­g swerk aan die besige pad besig gaan wees.

Die Oudtshoorn Courant het in reaksie op Facebook-klagtes van motoriste, dat verkeer uit teenoorges­telde rigtings soms gelyktydig deur beheerpunt­e ry, ‘n navraag aan Henra-konstruksi­e gestuur. Terwyl sommige motoriste aangedui het dat hulle by sulke voorvalle betrokke was, het ander wat die pad gereeld gebruik laat blyk dat sulke voorvalle by uitsonderi­ng voorkom en dat verkeer oor die algemeen goed vloei.

Volgens Robbie Zamudio, direkteur van Henra, skep die gedrag van sommige motoriste ‘n gevaar vir ander padgebruik­ers op gedeeltes van die pad wat in aanbou is.

Daar is volgens hom, veral drie dinge wat kommer wek. In die eerste plek ry sommige motoriste hopeloos te vinnig binne die gedeelte waar daar eenrigting­verkeer is. Dit gebeur dan dat motoriste stadige verkeer binne die eenrig tinggebied verbysteek wat dan verwarring veroorsaak by die persoon wat die laaste motor wat deurgelaat is moet identifise­er. Dit gebeur ook soms dat voertuie binne die eenrig tinggebied stilhou, wat weereens tot verwarring kan lei.

“Dit is uiters gevaarlik, aangesien dit die stelsel om die laaste voertuig as ‘n merker te gebruik in die wiele ry,” sê Zamudio.

Hy verduideli­k dat die volgorde waarin voertuie die konstruksi­egedeelte binnegaan, dieselfde volgorde moet bly totdat hulle die gedeelte weer uitgaan aangesien wagtende verkeer toegelaat word om te ry sodra die laaste merkervoer­tuig verby kom.

Hy doen ‘n beroep op motoriste om stadig te ry, nie ander voertuie verby te steek nie en ook nie binne die konstruk siegedeelt­e stil te hou nie.

‘n Verdere versoek is ook dat mense voorvalle onmiddelli­k by Henra moet aanmeld sodat dit dadelik opgevolg kan word.

Skakel 064 190 4804 om insidente aan te meld of stuur ’n e-pos aan graham@henra. co.za en herrmann@henra.co.za

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Een van drie beheerpunt­e wat tans tussen George en Oudtshoorn opgerig is.
Foto: Hannes Visser Een van drie beheerpunt­e wat tans tussen George en Oudtshoorn opgerig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa