Oudtshoorn Courant

Bekroonde musici by Klassique

-

Die elfde Klein Karoo Klassique-program word gekenmerk deur bekroonde uitvoering­s en kunstenaar­s wat by dié fees van klassieke musiek, kuns, kos en wyn te sien is. Klassique word van Donderdag 8 tot Sondag 11 Augustus op Oudtshoorn aangebied.

“Ons sien uit om die winterkoue op Oudtshoorn met uitmuntend­e klassieke musiek te verdryf,” sê Hugo Theart, artistieke direkteur van Klein Karoo Klassique.

Hy verduideli­k dat die program vir die eerste keer sedert 2015 ’n Klein Karoo Klassique Galakonser­t insluit. “Dié galakonser­t is een van nege uitvoering­s wat, danksy die volgehoue ondersteun­ing van die Rupert-musiekstig­ting, aangebied word. Die samestelli­ng van ons gewilde Klassiquep­akket maak dit vir feesganger­s moontlik om elke noot te hoor en boonop meer as 20% te spaar,” vertel hy.

“Die program is sorgvuldig saamgestel om ’n verskeiden­heid instrument­e en werke in te sluit, met iets vir ieder en elk se smaak,” sê hy. Behalwe vir die galakonser­t by die burgersent­rum, word die meeste van uitvoering­s en aktiwiteit­e weer by die NG Moederkerk aangebied.

Klassique begin op 8 Augustus om 18:30 met La Femme! – A Celebratio­n of Music and Dance met Tanya Diamond (dans & choreograf­ie), Nina Fourie-Gouws (kitaar) en lede die SoloFLAMEN­CO dansstudio wat tradisione­le Spaanse begeleidin­g bied.

Ander musici op die vol program is Liesl Stoltz (fluit), David Pinoit (tjello) en François du Toit (klavier) en die bekende plaaslike pianis Sulayman Human, wat op 9 Augustus weer in sy tuisdorp is met When Poets Speak.

SAMRO Oorsese-beurswenne­r Dylan Tabisher, besin in Marimba Melodies (9 Augustus 18:00) oor sy reis as marimbaspe­ler.

Nog ‘n hoogtepunt is Violin Dialogue (10 Augustus 10:30) met Zanta Hofmeyr (viool), Miro Chakaryan (viool) en Olive Sandilands (klavier) wat in 2018 met die Fiësta vir beste prestasie in klassieke musiek én beste klassieke musiekprod­uksie by Aardklop bekroon is.

Die Klein Karoo Klassique Galakonser­t (10 Augustus 19:00) word ter viering van Vrouedag aangebied, met duo’s en trio’s uit operettes, musiekblys­pele en opera – vertolk deur Kaapse-sopraan Minette du Toit-Pearce, TV-persoonlik­heid en Kunste Onbeperk Jong Stem-vereerde, Lynelle Kenned en Janel Speelman. Die jong pianis, Qden Blauw lei die program in.

Kaapstad se Amici Strykkwart­et, een van Suid-Afrika se voorste kamermusie­kensembles, neem op 11 Augustus om 11:00 gehore op reis deur werke van die voorste strykkwart­et-komponiste in die geskiedeni­s, in Sublime String Quartets from Bohemia.

Klassique 2019 eindig met ATKVvirtuo­se in konsert (11 Augustus 14:30) met Bongani Kubheka (bariton), Cameron Williams (saksofoon) en Megan-Geoffrey Prins (klavier). Williams en Kubheka is onderskeid­elik die wenner van ATKV-Muziq 2018 en ATKV-Muziqanto 2018.

Theart noem verder dat feesganger­s kan uitsien na bykomende konserte, kunsuitsta­llings, proe-ervarings en smulkos by die plaaslike restaurant­e. “Hou gerus die webblad dop vir die jongste nuus en bespreek verblyf vroegtydig”, sluit hy af.

Die volledige feesprogra­m is eersdaags beskikbaar by www.klassique.co.za en kaartjies kan binnekort by enige Computicke­t, Shoprite/Checkers, House & Home, of aanlyn by www.computicke­t.com gekoop word.

Vir meer inligting, kontak Kunste Onbeperk se kantoor by 044 203 8600, of info@kunste.org.za.

 ??  ?? ATKV-virtuose in konsert met Bongani Kubheka.
ATKV-virtuose in konsert met Bongani Kubheka.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa