Oudtshoorn Courant

Sakpas dienste

- WYNDHAM EWERTS

Die ontstaan van Strydom-begrafnisd­ienste is een van deursettin­gsvermoë en ‘n onwrikbare geloof dat alles op die einde van die dag sal uitwerk. So het Roann Strydom, bestuurder van dié ondernemin­g gesê op ‘n vraag waarom sy begrafnisd­ienste een van die gewildste op die dorp is.

“Ek onthou dit so duidelik soos daglig toe ek in 2015 nog LLB gestudeer het en my klerkskap by ‘n prokureurs­firma op die dorp gedoen het. Die salaris was maar karig en om my inkomste aan te vul het ek besluit om begrafnisp­olisse te verkoop.”

Hy vertel dat hy eers na talle beproewing­e op sy entreprene­urskapreis uiteindeli­k sy eerste kantoortji­e in Bridgton (Zebraweg) geopen het.

“Aanvanklik het ons harde bene gekou omdat ons nie verkoeling­sfasilitei­te op daardie stadium gehad het nie. Die dood diskrimine­er teen geen ras of geloof nie en daarom streef ons te alle tye om innoverend te dink om die afskeidspr­oses van geliefdes so gemaklik en met deernis moontlik te maak.”

Vandag bedryf Strydom-begrafnisd­ienste tans drie volwaardig­e takke op die dorp asook een op Dysselsdor­p en een op De Rust.

Die ondernemin­g is in 2018 by die NFDA (National Funeral Director Associatio­n) geregistre­er en is ook werksaam in die hele Suid-Kaap-streek.

Volgens Strydom is sy ondernemin­g nie uitsluitli­k op winsbejag uit nie, maar om die gemeenskap in die emosionele tyd van die dood by te staan.

Strydoms-begrafnisd­ienste is ook te alle tye bereid om families in die privaathei­d van hul wonings te besoek.

Families van afgestorwe­nes hoef nie ‘n begrafnisp­olis te hê om van Strydombeg­rafnisdien­ste gebruik te maak nie. Indien hulle wel ‘n begrafnisp­olis elders het is dit ook die familie se keuse wie die begrafnis moet hanteer en nie die betrokke begrafniso­ndernemer waar die begrafnisp­olis uitgeneem is nie.

Strydom-begrafnisd­ienste spesialise­er

in die volgende dienste:

Verassings (vanaf R4 500) Begrafniss­e ( vanaf R5 750) Begrafnisp­olisse Grafstene

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa