Oudtshoorn Courant

Wie gaan All Blacks klop?

- WYNDHAM EWERTS

Wie gaan die All Blacks klop? Dit is die groot vraag wat op almal se lippe is nadat dié klub se A-span Saterdag in 'n SWD President s ligawedstr­yd op die Bridgton sportterre­in' n sterk span van Spring Rose s met 27-12 kafgedraf het.

Die All Blacks het met hierdie sege sy onoorwonne status vanjaar voortgesit en spog nou met agt agtereenvo­lgende oorwinning­s in dié liga.

Vir Spring Roses het die gevaarligt­e reeds begin flikker toe die swart truie 17 onbeantwoo­rde punte in die eerste helfte aangeteken het.

Alhoewel hierdie wedstryd in triestige weerstoest­ande gespeel is, het albei spanne die groot skare deurentyd op hul voete gehou met skitterend­e ondernemen­de spel. Met spogr egte wat in hierdie derby wedstryd op die spel was het gemoedere by tye hoog geloop, maar het sportmansk­ap op die einde van die dag geseëvier.

Spring Roses kon in die tweede helfte wel daarin slaag om twee troosdrieë te druk, maar teen daardie tyd het die swart truie se ondersteun­ers reeds die vreugdevur­e aan die brand gesteek.

Vir All Blacks het Vinchenzo Adams (skrumskake­l), JP van Vught (senter) en Everton Manewil (slot) goeie wedstryde gehad. Dié span beklee tans na die eerste ronde van di eS W D President liga toernooi, die algehele tweede plek op die punteleer.

In die Karoostree­k is All Blacks egter baas met 37 punte na agt wedstryde. Damon Gysman, voorsitter van All Blacks, het na die wedstryd gesê dat die spelers en af rigting skorps tevrede kan wees met wat hulle tot dusver vanjaar in dié liga vermag het.

"Ons moet egter streng daarteen waak om nie te selfvoldaa­n te raak nie. Dissipline is die wagwoord en ons spel moet namens ons praat," het hy gesê. Hierdie twee topspanne kom in die tweede ronde van die rugby toernooi op 6 Julie by die Bridgton sportterre­in weer teenmekaar te staan. All Blacks B-span was ook aan die wenkant teen Spring Roses en het met 14-8 geseëvier.

Spring Roses se volgende wedstryd is dié naweek teen die sukkelende Adias op die Oudtshoorn sportterre­in.

In 'n SWD Mic Fin Premier ligawedstr­yd het Bridgton rugbyklub se A-span die naweek teen Progress op George met 26-11 vas-geval.

 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Dit het soms drie van Spring Roses se verdediger­s gekos om Howard Goliath (slot) plat te trek. Vinchenzo Adams
Foto’s: Wyndham Ewerts Dit het soms drie van Spring Roses se verdediger­s gekos om Howard Goliath (slot) plat te trek. Vinchenzo Adams

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa