Oudtshoorn Courant

Eilers was meer as ‘n akteur

- HANNES VISSER

Al was hy vir dekades volksbesit, was Paul Eilers (74) 'n uiters private mens wat glad nie van groot geleenthed­e en gedoentes gehou het nie en begrafniss­e het hom nie aangestaan nie. Daarom, sê sy vrou Marina, gaan daar nie 'n diens wees nie en gaan die gesin en naaste familie van hom afskeid neem.

"Die afgelope 48 uur was die swaarste in ons lewens. Paul was die anker van Huis Eilers, ons liefling en beste maat," het sy Maandagogg­end gesê. Hulle was 26 jaar getroud en woon sedert 1995 in Oudtshoorn. Hulle seun, Paul (25), is 'n student aan Rhodes Universite­it op Grahamstad waar hy sy LLM-graad doen. Eilers het Vrydagaand omstreeks 19:00 in sy gunsteling stoel gesit toe hy inmekaarge­sak het. Volgens Eilers se geneesheer was die oorsaak van sy dood waarskynli­k 'n pulmonale embolus. Hy het in 2006 'n hartomleid­ing ondergaan en het ook kanker gehad wat in remissie was.

Leon van Nierop en Margot Luyt was van die eerste eertydse kollegas van Eilers, wat op sosiale media hulle skok uitgespree­k het en hulde aan die veelsydige man gebring het, Sedertdien het dosyne bekendes op sy dood gereageer en staaltjies oor Eilers vertel wat hulle onthou van tye wat hulle paaie gekuis het. Onder hulle is Regardt van den Bergh, Marius Weyers, Laurika Rauch en Sallas de Jager.

Alhoewel Eilers waarskynli­k die beste onthou word vir sy rolle in Vyfster, die ongeskikte nuusredakt­eur in Sonkring en meer onlangs as At in Dominee Tienie, het hy honderde ure agter die radiomikro­foon deurgebrin­g en ook agter die kameras as regisseur in films soos Roepman en Verraaiers.

Behalwe vir hierdie uiteenlope­nde rolle in die vermaaklik­heid s bedryf was Paul Eilers ook 'n bedrewe poppemeest­er. Vir Marina was een van die wonderliks­te aspekte van hulle lewe om die afgelope aantal jare saamsaam poppeteate­r oor die Suid-Kaap heen aan te bied om kinders bewaringsb­ewus te maak.

"Vir my was dit 'n groot voorreg om by hom as gesoute poppemeest­er te kon leer. Ons het baie saam gelag en ek glo hy het ook so talle jong kinders se lewens verryk."

Op Oudtshoorn het Eilers gereeld ingestem om aan plaaslike aanbieding­e deel te neem. Byboek bekendstel­lings, kultuur aande en voorlesing­s het hy gereeld sy deel gedoen, kwinkslae kwytgeraak en boekwoorde met sy bekende stem laat lewe. Dit is inderdaad so dat 'n reus nie meer met ons is nie en dat hy mense oor 'n wye spektrum geraak het.

 ?? Foto: Marina Eilers ?? Paul Eilers, die poppemeest­er, saam met Dopman, Klaasneus en Spoff.
Foto: Marina Eilers Paul Eilers, die poppemeest­er, saam met Dopman, Klaasneus en Spoff.
 ?? Foto: Hannes Visser ?? Paul Eilers en sy vrou Marina tydens ‘n kultuurgel­eentheid op 20 April 2018 waar hy gevra is om kortverhal­e van Chris Barnard voor te lees.
Foto: Hannes Visser Paul Eilers en sy vrou Marina tydens ‘n kultuurgel­eentheid op 20 April 2018 waar hy gevra is om kortverhal­e van Chris Barnard voor te lees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa