Oudtshoorn Courant

Bejaarde beroof

- LIEZL VAN NIEKERK

'n Bejaarde man van Oudtshoorn is Maandagogg­end in St. Saviourstr­aat naby Indraf Kafee aangerand en beroof.

Volgens Theo Peet het sy pa, George Peet (70), koopkrag en sigarette by die kafee gaan koop en is hy op pad huis toe aangerand.

"'n Onbekende man het glo agter my pa in die kafee gestaan en hy moes seker gesien het my pa het geld in sy beursie. Daar was egter fout met die koopkragst­elsel en hy het die geld in sy beursie terug gesit en huis toe geloop. Hy het gesê dat hy skielik hard op sy rug van agteraf geskop is. Die impak was so hard dat hy sy balans verloor het en geval het. Hy het sy kop op die rand van die sypaadjie gestamp."

Peet is van sy beursie, met R970 kontant en al sy kaarte sowel as die inkopies wat hy gedoen het beroof.

"Polisiebea­mptes het my pa opgetel en polisiesta­sie toe geneem. Hulle wou egter nie 'n saak maak nie, omdat my pa nie die persoon wat hom aangerand het kon beskryf of kon sê hoeveel mense hom aangerand het nie."

Theo sê daar is egter video-materiaal waarop daar gesien kan word watter persone dieselfde tyd as Peet in die winkel was.

"Daar was tot 'n man buite die winkel wat met my pa gesels het toe hy uitgestap het en gesien het wat gebeur het."

Peet is Dinsdag weer terug na die polisiesta­sie om 'n klag te lê waar polisiebea­mptes aan diens toe wel sy verklaring geneem het en 'n saak geopen het.

Volgens Theo is sy pa Dinsdag hospitaal toe.

"Hy was erg geskok en hy het sleg seergekry. Die dokter het gesê daar is swelling op sy brein en op sy niere, maar hy het medikasie gekry. Hy het Woensdag darem begin beter gelyk en was meer sy ou self."

Volgens kaptein Louis Visser, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie, mag geen beampte weier om 'n saak te open indien daar 'n kriminele misdryf gepleeg is nie. Hy het egter bevestig dat 'n klag van roof Woensdagmi­ddag geopen is.

 ?? Foto verskaf ?? George Peet (70), wat Maandag naby Indrag Kafee aangerand en beroof is.
Foto verskaf George Peet (70), wat Maandag naby Indrag Kafee aangerand en beroof is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa