Oudtshoorn Courant

Digter finalis in kompetisie

- HANNES VISSER

‘n Man met ‘n passie vir die Klein-Karoo en sy geloof het vanjaar deur sy digkuns twee mylpale behaal; hy het sy digbundel bekendgest­el en is ‘n finalis in ‘n landwye digkompeti­sie.

Petrus J.S. Vermaak (Peet) het vroeër vanjaar sy digbundel Kambro Kind uitgegee en kort daarna het hy ‘n boodskap ontvang dat Afrikaans Moedertaal ... Afrikataal, een van die gedigte in die bundel, gekies is as een van 24 wat in ‘n digbundel waarby Ingrid jonker se dogter, Simon Garcea Marques betrokke is, opgeneem word.

Die 24 gedigte is die finaliste vir ‘n landwye kompetisie waarvoor bykans 300 inskrywing­s ontvang is. Die Ingrid Jonker L’Aer Poe t i que kompetisie is deur Zalman D a vis ,‘ n jong digter van Sasolburg, begin om ‘n platform vir opkomende digters te skep. Hy het die kompetisie saam met Jonker se dogter geloods wat op haar beurt iets tasbaars ter herdenking van haar ma wou begin. Van die inskrywing­s het selfs van Afrikaners in lande soos China, Ierland en Engeland gekom.

Volgens Vermaak word die wenner van die kompetisie op 20 Julie tydens ‘n galageleen­theid in Gauteng aangekondi­g. Die bundel, Die môre is jy, waarin die gedigte opgeneem word, sal na verwagting in Augustus verskyn.

Vermaak, wat aanvanklik teologie studeer het, maar reeds 20 jaar by toerisme betrokke is, sê hy het nooit daaraan gedink om te dig nie. “Ek het seker so tien jaar gelede my eerste gedagtes neergeskry­f om my geloof te betuig en vandaar het die gogga my gebyt.

Nadat ek die Messiasged­igte geskryf het, het ek besef ek wil die prag van die Karoo ook in gedigte vasvang.”

Die 55 gedigte in sy bundel bestaan uit 46 gedigte oor die Karoo en nege gedigte onder die afdeling Messias.

Die geskiedeni­s van die Afrikaner is vir hom interessan­t en na aan die hart en daarom is hy tans besig met navorsing oor die Anglo-Boere-oorlog. “Ek is gevra om ‘n bundel oor daardie tyd saam te stel wat op Geloftedag, 16 Desember, vrygestel sal word.

Voorlopig is die titel Bloed en Roet het hy Dinsdag oor ‘n koppie koffie by Wilgewande­l-vakansiepl­aas waar hy reeds 18 jaar betrokke is, gesê.

Vir meer inligting oor Kambro Kind skakel Peet by 071 057 0636.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Die Oudtshoorn-digter, Peet Vermaak, met die bundel Kambro Kind wat hy vroeër vanjaar uitgegee het.
Foto: Hannes Visser Die Oudtshoorn-digter, Peet Vermaak, met die bundel Kambro Kind wat hy vroeër vanjaar uitgegee het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa