Oudtshoorn Courant

DA wittebrood verby sê ANC

- HANNES VISSER

Die voorneme van die Oudtshoorn-stadsraad

Vrydag, om Allen Paulse, munisipale bestuurder, te skors het opslae gemaak. Sedert dit bekend geword het dat Paulse 'n brief ontvang het waarin hy sewe dae gegee word om redes aan te voer waarom hy nie geskors moet word nie het vrae, aantygings en gerugte oral opgeduik.

Nasionale media het 'n mediaverkl­aring van die ANC in die Wes-Kaap as basis van 'n hele aantal berigte gebruik. Die verklaring begin met die stelling dat die wittebrood van burgemeest­er, Colan Sylvester, en Paulse verby is. In die verklaring voer die ANC aan dat die DA van Paulse ontslae wil raak omdat hulle nie daarin geslaag het om die gemeenskap te dien nie en dat die prosedure wat gevolg is, onregmatig was.

Die ANC se hoofsweep in Oudtshoorn, Jongilizwe Tyatya, het in die verklaring gesê dat Oudtshoorn onder leiding van die DA en die burgemeest­er, Colan Sylvester, sedert 2016 agteruitge­gaan het.

In teenstelli­ng hiermee het die DA se voorsitter van die staande kommissie vir plaaslike regering in Kaapstad op 27 Junie 'n verklaring uitgereik waarin hy sê dat die huidige administra­sie Oudtshoorn se finansiële posisie binne drie jaar vanaf 'n negatiewe balans van R110 miljoen omgeswaai het tot 'n positiewe balans van R98 miljoen. Daarteenoo­r het die ouditeur generaal Oudtshoorn gekap oor onregmatig­e uitgawes van miljoene rande.

Op plaaslike vlak vra organisasi­es en inwoners wat die werklike redes is vir die stap om van Paulse ontslae te raak. Daar was groot verwagting dat 'n mosie van wantroue verlede Vrydag tydens 'n raadsverga­dering deur opposie partylede in die DA-speaker, Julia le Roux, ingestel sou word. Die mosie is egter sonder verduideli­king aan die media, Vrydagogge­nd voor die vergaderin­g deur SARCO se raasdslid, Jevan Juthe, teruggetre­k.

Die raadsbeslu­it om Paulse in kennis te stel van die voorneme om hom te skors het Vrydag tydens die raadsverga­dering in komitee plaasgevin­d.

Dieselfde middag het inligting by die media uitgekom wat daarop gedui het dat die besluit nie deur al die DA-raadslede ondersteun is nie. Die besluit is egter met 'n meerderhei­dstem van DAraadsled­e deurgevoer. Volgens die ANC se verklaring het die raadslid van die EFF ook die besluit ondersteun. Dit kon egter nie deur die Oudtshoorn Courant bevestig word nie.

Navrae wat Maandag aan die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, gestuur is, is na die munisipali­teit as werkgewer van Paulse verwys. In 'n verklaring het die munisipale woordvoerd­er, Ntobeko Mangqwengq­we, bevestig dat Paulse volgens 'n raadsbeslu­it sewe dae geleenthei­d gegun word om redes te verskaf waarom hy nie geskors moet word nie.

Volgens die verklaring sê Colan Sylvester dat Paulse voorkomend geskors word, maar dat die raad nie tans beweringe oor wangedrag teen Paulse kan bekend maak nie. Paulse is sedert verlede week met siekteverl­of tot 6 Julie. Hy het op 'n telefonies­e navraag van die Oudtshoorn Courant gesê hy kan nie op hierdie stadium kommentaar lewer nie aangesien korrespond­ensie tussen hom en die raad nog moet plaasvind.

Die DA het teen Woensdag nie reageer op 'n navraag oor gerugte dat daar verdeeldhe­id onder die DA-raadslede is nie.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Oudtshoorn se munispale bestuurder, Allen Paulse (links) en burgemeest­er, Colan Sylvester, tydens ‘n vorige mediakonfe­rensie.
Foto: Hannes Visser Oudtshoorn se munispale bestuurder, Allen Paulse (links) en burgemeest­er, Colan Sylvester, tydens ‘n vorige mediakonfe­rensie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa