Oudtshoorn Courant

Vrou steek buurvrou dood

- GARNETT WICOMB

‘n Ma van vyf kinders van Matjiesriv­ier wat haar buurvrou met ‘n mes gesteek en aan strafbare manslag skuldig bevind is, is in die Oudtshoorn-streekhof ingevolge Art 276 (1) (i) gevangenis­straf van vyf jaar opgelê.

Hiervolgen­s sal sy vir minstens tien maande agter tralies moet deurbring voordat sy om parool aansoek sal kan doen.

Streekland­dros Ntsoki Moni het met vonnisople­gging gesê sy is geskok oor die talle vroue wat sedert sy vroeër vanjaar op Oudtshoorn begin werk het in die hof verskyn vir moord op hul mans of ander vroue. “Dit is kommerwekk­end,” het die landdros gesê. Junene Coerecius (36) is van moord op haar buurvrou, Brenda Minnies (41), aangekla nadat sy haar met ‘n mes in die bobeen gesteek en Minnies haar doodgebloe­i het. Sy het onskuldig gepleit op die aanklag van moord omdat sy nie bedoel het om Minnies dood te maak nie.

Volgens haar was sy onder die invloed van alkohol en kwaad omdat Minnies haar van diefstal van ‘n hoender beskuldig het. Sy wou haar net seermaak.

Minnies het Coerecius ‘n paar weke voor die noodlottig­e voorval ook met ‘n mes gesteek waarvoor sy hospitaalb­ehandeling moes kry.

‘n Proefbeamp­te van die departemen­t maatskapli­ke dienste, Kyle April, het in sy verslag aanbeveel dat Coerecius ‘n vonnis opgelê word waarvan sy ‘n gedeelte in die tronk moet deurbring omdat sy aan ‘n ernstige misdryf skuldig bevind is. Van haar familie is bereid om na haar vier minderjari­ge kinders om te sien en die hof moet ook kyk na die omstandigh­ede van die oorledene wie se kinders nou sonder ‘n ma moet grootword.

Die staatsaank­laer, Willem Vister, het ook vir direkte gevangenis­straf gevra omdat ‘n opgeskorte of korrektiew­e toesigvonn­is nie die regte boodskap sal uitstuur nie.

Die landdros het bevind dat direkte gevangenis­straf die enigste gepaste vonnis sal wees. “Vroue misbruik alkohol en die belang van die gemeenskap kom ook sterk na vore,” het sy gesê.

Coerecius is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en die landdros het ‘n bevel uitgereik dat die omstandigh­ede van albei vroue se kinders vir ondersoek na die Kinderhof verwys word vir moontlike verwyderin­g.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa