Oudtshoorn Courant

Vermeende voertuigdi­ef voor

- GARNETT WICOMB

Die verhoor van 'n man van Umtata wat van voertuig diefstal aangekla word, het Dinsdag met die getuienis van twee polisiebea­mptes in die Oudtshoorn streekhof begin.

Die 31-jarige Lulama Kolisi is in die vroeë oggendure van 8 Mei 2018 in Rademeyers­traat in hegtenis geneem nadat 'n polisiehon­d hom tussen die riete in die G robbe laars rivier uitgesnuff­el het.

Kolisi het omstreeks 04:00 na bewering die Isuzu-bakkie van Lodewyk Jonck in Oewersig gesteel en daarmee probeer wegjaag.

Konst. Marlin Maasdorp van die polisie se sigbaarhei­d s eenheid het Dinsdag getuig dat hy die bakkie na ‘n oproep vanuit die beheerkame­r opgemerk en agtervolg het.

Die bakkie het uit Rademeyers­traat regs gedraai en in Jan van Riebeeckwe­g met ‘n lamppaal gebots, waarna die bestuurder te voet op die vlug geslaan het.

Volgens hom het die man in ‘n groen oorpak geklee, in ‘n nabygeleë erf ingehardlo­op. Daarna het hy oor ‘n heining gespring in ‘n poging om weg te kom.

Hy het toe die polisie se honde-eenheid geskakel om na die verdagte te help soek.

Volgens ao. Lardus Homann, van die Attakwa honde-eenheid, is hy ingelig dat die verdagte in die rivier verdwyn het. Hy het by die ingang na die rivier die verdagte in drie tale, Afrikaans, Engels en Isi-Xhosa gewaarsku om uit te kom.

Sy hond, ‘n Belgiese herdershon­d, het die verdagte uitgesnuff­el en in die proses ook gebyt toe hy probeer wegkom.

Volgens hom het dit sowat 20 sekondes geneem om die verdagte te boei.

Kolisi is in die vangwa gelaai, na die polisiekan­toor geneem en later vir behandelin­g van die bytwonde na die hospitaal geneem.

Volgens Kol isis e regsvertee­nwoordiger, Wenzel Botha, sal hy getuig dat die polisie hom in hegtenis geneem het vir iets waarvan hy niks weet nie.

Volgens Kolisi het vriende van Bongolethu hom in Langenhove­nweg afgelaai waar hy gewag het vir' n saamrygele­entheid.

Terwyl hy daar gestaan het, het twee polisie vangwaens daar opgedaag en hom sonder rede in hegtenis geneem.

Homann het toe glo toegelaat dat die hond hom byt toe hulle die sleutels van die gesteelde bakkie by hom wou hê en ook gedreig dat die hond hom aan sy privaat dele sal byt indien hy dit nie verskaf nie.

Hy sal ook getuig dat dit nie sy horlosie was wat ‘n vrou naby die ongeluksto­neel in Jan van Riebeeckwe­g op haar erf opgetel het nie.

Die saak word deur streekland­dros Ntsoki Moni aangehoor en Hyron Goulding is die aanklaer.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Die bakkie nadat dit die paal in Jan van Riebeeckst­raat getref het.
Foto: Hannes Visser Die bakkie nadat dit die paal in Jan van Riebeeckst­raat getref het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa