Oudtshoorn Courant

Vyf jaar vir seksuele aanranding

- GARNETT WICOMB

‘n Man wat ‘n 13-jarige meisie seksueel aangerand het, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof vyf jaar gevangenis­straf opgelê.

Streekland­dros Daniël Boks het met die vonnisople­gging van die 35-jarige Johan Jaftha, van‘ n plaas in die Oudtshoorn distrik, gesê hy hetsy vertrouens­posisie misbruik.

Jaftha is deur die kind se ouers gevra om by haar te bly toe hulle nie vir die dag by die huis kon wees nie. Sy het haar teen hom verset deur hom met ‘n spieël waarmee sy besig was om haar hare te kam, te slaan, en probeer weghardloo­p.

Die man is aanvanklik aangekla van poging tot verkragtin­g maar is aan seksuele aanranding skuldig bevind.

Die staatsaank­laer, adv. Michelle Weyers, het in haar betoog gesê dat die man aan ‘n ernstige oortreding skuldigbev­ind is en dit haar pla. Hy is nie ‘n eerste oortreder nie en toon ‘n geneigdhei­d om die soort misdaad te pleeg. Hy is voorheen opgeskorte vonnisse opgelê en die soort sake neem soms lank voordat dit na die hof gebring word.

Die kind is nou bang vir die beskuldigd­e en sit soms in ‘n hoekie en huil. Die enigste straf is direkte gevangenis­straf het sy afgesluit.

Die landdros het met vonnisople­gging gesê die kind moes haar teen ‘n volwasse man verset terwyl net hulle twee in die huis was.

Dit is ook kommerwekk­end dat die kind deur familie van die beskuldigd­e geviktimis­eer word.

“Vorige vonnisse het nie die beskuldigd­e afgeskrik nie en daarom moet ‘n swaarder vonnis die keer opgelê word,” het die landdros gesê. Jaftha het ten spyte van verdoemend­e getuienis teen hom enduit onskuldig gepleit. Hy het beserings opgedoen toe hy met die spieël geslaan is en die kind was gelukkig om van hom te ontsnap.

Hy het amper die kind statistiek van verkragtin­g gemaak en die vonnis moet uiting gee aan die gemeenskap se uitroep vir swaar vonnisse vir seksuele oortreding­s,” het die landdros gesê.

Jaftha is vyf jaar gevangenis­straf opgelê en die hof het gelas dat sy naam in die nasionale register vir seksoortre­ders opgeneem word omdat hy skuldig bevind is aan ‘n seksuele oortreding teenoor ‘n kind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa