Oudtshoorn Courant

Drie jaar huisarres

- GARNETT WICOMB

‘n Man van Oudtshoorn is in die Oudtshoorn-streekhof vir drie jaar onder huisarres geplaas, en ‘n opgeskorte vonnis van vyf jaar gevangenis­straf opgelê nadat hy aan statutêre verkragtin­g skuldig bevind is.

Die 28-jarige Jenwin Panza van die plaas Lategansvl­ei in die Oudtshoorn-distrik, het skuldig gepleit op die aanklag dat hy seks met ‘n 14-jarige kind gehad het en ‘n baba verwek het. Volgens hom was hulle in ‘n skelm verhouding. Panza is ook die pa van vier ander kinders.

Streekland­dros Daniël Boks het met vonnisople­gging gesê dat hy dit oorweeg het om van Panza ‘n voorbeeld te maak met ‘n swaar vonnis en daarmee ‘n boodskap uit te stuur dat die soort optrede deur volwasse mans nie geduld kan word nie. Die staatsaank­laer, Elaine Plaatjies, het gesê Panza is aan ‘n ernstige misdryf skuldig bevind. “Die klaer is ‘n kind wat nou ‘n kind moet grootmaak.

Dit is ‘n groot probleem in ons gemeenskap en ‘n swaar vonnis moet opgelê word om ‘n sterk boodskap uit te stuur.” Die landdros het met vonnisople­gging gesê Panza het inbraak gemaak op die kind se regte.

“Jy kan nie met ‘n kind van 14 geslagsgem­eenskap hê nie.” Hy het egter die vier kinders wat Panza voor moet sorg, en die feit dat hy manmoedig skuldig gepleit het, in ag geneem, maar gesê dat hy ook manmoedig sy vonnis moet vat.

Dit is verder kommerwekk­end dat hy nog nie begin het om onderhoud vir die kind te betaal nie.

Panza is vyf jaar tronkstraf opgelê wat voorwaarde­lik in geheel vir vyf jaar opgeskort is en drie jaar korrektiew­e toesig wat behels 24 uur per dag onder huisarres behalwe vir werk- en kerkdoelei­ndes.

Hy moet voorts ook rehabilita­sie programme bywoon en hom weerhou van die gebruik van alkohol en dwelms.

Hy is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en die hof het ook gelas dat sy naam in die nasionale register vir seksoortre­ders opgeneem word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa