Oudtshoorn Courant

Indringerp­lante moet reg verwyder word

- EUGENE GUNNING

As die beheer van indringerp­lante en grondrehab­ilitasie nie aandag kry nie, sit dit die Suid-Kaap op ‘n tydbom met betrekking tot die ekologiese omgewing en potensiële brande. So waarsku kenners oor die verwyderin­g van indringerp­lante.

Die kenners, Sandy Haddad van S. Haddad Landboudie­nste, Heiner Dominick van Blue Planet, Johan Pieterse van Seedsmen Super Genetics en Stoffel Uys van Klein Karoo Akademie, het by navraag benadruk hulle het begrip vir die afkap van indringerp­lante.

Die proses moet egter van die begin af reg plaasvind. Meer moet gedoen word. Dit help nie net om indringerp­lante af te kap nie.

Na die brande in 2017 en 2018 is indringerp­lante afgekap, maar die oorblywend­e plantmater­iaal is nie vernietig en/ of verwyder nie. Dit beteken dat die indringerp­lante, soos swartwatte­l steeds kan groei.

Die brande het ook die grond aktiwiteit­e nadelig beïnvloed.

Nadat die indringerp­lante verwyder is, moet die grond behandel word om al die biologiese aktiwiteit­e in die grond weer aan die gang te kry en te herstel. Daar moet in gedagte gehou word dat die grond beskadig is.

Tydens die bewerkings­proses moet verkieslik tussentyds­e groen bedekking (cover crop) geplant word. Hierdie tussentyds­e bedekking sal help om grondaktiw­iteite, soos mikrobe-werking (grondorgan­ismes), te stimuleer. Selfs fynbos kan op hierdie manier hervestig word.

Hulle het benadruk dit gaan nie net oor die rehabilita­sie van die grond nie, maar ook oor die ekologiese moontlikhe­de vir die langtermyn.

Hulle het gewaarsku dat as die grond nie aandag kry nie, gaan die situasie net erger word, want die grond is biologies versteur en stimuleer die herontwikk­eling en vermeerder­ing van indringerp­lante.

Met die regte hantering en behandelin­g van areas wat gebrand het en areas met hoë volume indringerp­lante, kan dit lei tot die herlewing van die natuurlike ekosisteme en die“brandstof”virbrandei­ndietoekom­s tot die minimum beperk.

Natuurlike water beskikbaar­heid mag ook verbeter met korrekte grond rehabilita­sie, omdat indringerp­lante se populasie verlaag is. Van hierdie gerehabili­teerde gronde mag dalk weer voldoende wees vir produksie wat werkskeppi­ng en ekonomiese groei tot gevolg sal hê. Self gemeenskap­slandboupr­ojekte mag dalk word op sulke gerehabili­teerde gronde begin word.

 ??  ?? ‘n Proefnemin­g van grond wat gerehablil­iteer word.
‘n Proefnemin­g van grond wat gerehablil­iteer word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa