Oudtshoorn Courant

Spring Roses klop Adias naelskraap

- WYNDHAM EWERTS

Spring Roses-rugbyklub se A-span moes Saterdag in‘ nS W D president ligawedstr­yd op die Bridgton-sportterre­in harde bene kou om ’n begeesterd­e Adias van Volmoed naelskraap met 31-28 te klop. Adias het voor die afskop van dié wedstryd die tweede laaste posisie op die algehele punteleer beklee en die algehele verwagting was dat Spring Roses hopeloos te sterk vir die manne van Volmoed sou wees.

Die manne in blou het egter vriend en vyand verras deur in die eerste helfte met 18-17 voor te loop. Die tweede helfte het in ‘n wipplank affêre ontaard met albei spanne wat net nie die uitklophou kon plant nie.

Met die telling op 31-28 in die laaste minuut van die wedstryd het die skeidsregt­er ‘n strafskop aan Adias vlak voor Spring Roses se pale toegeken.

Indien Adias die opsie geneem het om pale toe te skop kon die wedstryd gelykop geëindig het.

Dié span het egter met ‘n vinnige tikskoppie besluit om eerder ‘n drie te probeer druk om die wedstryd in hul guns te beklink. Spring Roses het egter hierdie finale aanval van Adias suksesvol afgeweer met die skeidsregt­er wat die wedstryd direk daarna afgeblaas het.

Adias kan hulself troos dat hulle met twee bonuspunte (sewe en minder punte verloor en vier drieë gedruk) uit die wedstryd kon neem. Die blou truie kon vanjaar slegs een uit nege wedstryde wen en hierdie bonuspunte is dus goud werd indien hierdie span hul swaar verdiende status as president s liga span wil behou. Dié span is verlede seisoen vir die eerste keer in sy geskiedeni­s na die presidents­liga bevorder nadat hulle eerste in die SWD Karoostree­kliga geëindig het.

Hul volgende wedstryd is dié naweek teen Willomore-rugbyklub op Willowmore. Vir Spring Roses het Mino Timie (vleuel), Berto Botha (losskakel), CJ Lourens (haker) en Nigel Buys agter die doellyn gaan kuier. Berto Botha het met een doelskop geslaag. Peter-John Sauls (skrumskake­l) het drie strafdoele deur die pale gejaag.

Spring Roses beklee tans die tweede posisie op die SWD presidents­liga punteleer. Hul volgende wedstryd is Saterdag teen All Blacks op die Bridgton-sportgrond­e.

Hierdie wedstryd beloof om ‘n riller te wees omdat All Blacks vir Spring Roses verlede week met 27-12 kafgedraf het en die manne in blou-en rooi beslis die bordtjies sal wil verhang. In ‘n SWD Mc Fin Premier ligawedstr­yd het Bridgton-rugbyklub vir Maoris van George Vrydagaand by die Bridgton-sportterre­in met 36-22 geklop.

Spring Roses beklee tans die tweede posisie op die

SWD presidents­liga punteleer.

 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Spring Roses se woelige haker, CJ Lourens, duik oor vir sy drie. Bradley Arries, losskakel van Adias probeer tevergeefs om hom
te stuit.
Foto’s: Wyndham Ewerts Spring Roses se woelige haker, CJ Lourens, duik oor vir sy drie. Bradley Arries, losskakel van Adias probeer tevergeefs om hom te stuit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa