Oudtshoorn Courant

Vermeende brandstigt­er in hof

- GARNETT WICOMB

Sonja Louw, die vrou wat van brandstigt­ing aangekla word, het Maandag weer vlugtig in die Oudtshoorn-streekhof verskyn en die saak is vir ‘n verhoordat­um uitgestel omdat haar regsvertee­nwoordiger nie by die hof kon wees nie.

Louw (58), word daarvan aangekla dat sy by vier verskeie geleenthed­e brande in die Karoo Park-aftreeoord gestig of gepoog het om te stig.

Sy staan tereg op drie aanklagte van brandstigt­ing en een van poging om ‘n brand te stig.

Louw was ook in Valkenburg opgeneem, maar is geskik bevind om verhoor te word.

Haar nuwe regsvertee­nwoordiger, Cindy Smith van die Regshulpra­ad, het die hof met Louw se vorige verskyning meegedeel dat sy nie met Louw kon konsulteer nie, omdat Louw glo nie kan onthou wat tydens die beweerde voorvalle gebeur het nie.

Louw het volgens Smith ‘n brief geskryf wat sy nie aan haar wil oorhandig om in die hof voor te lees nie en die hof kan dit dus nie so aanvaar nie.

Streekland­dros Neels Nortjé het op versoek van die staatsaank­laer, Corné Pretorius, die saak tot 24 Julie uitgestel en Louw se borgtog van R1 000 en borgtogvoo­rwaardes tot dan verleng.

Van die voorwaarde­s is dat sy nie die Karoo Park-aftreeoord mag betree en haar weerhou van die gebruik van alkohol en dwelms.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa