Oudtshoorn Courant

Bakkie tref lamppaal

- WYNDHAM EWERTS

‘n Werknemer van die Oudtshoorn-munisipali­teit (waterwese-afdeling) is Woensdagmi­ddag in ‘n botsing in Langenhove­nweg beseer.

Die man wat alleen in die Toyota Hilux-bakkie was, het op die toneel gesê hy het net voor die botsing sy bewussyn verloor waarna die bakkie ‘n kragpaal op die middelmann­etjie getref het.

Hy was die enigste insittende in die voertuig.

Hy was onderweg na die munisipali­teit se suiwerings­werke buite die dorp toe die ongeluk plaasgevin­d het. Die bakkie het met die impak teen die lamppaal in die teenoorges­telde baan beland, sowat 40 meter van Smitswinke­l Restaurant. ‘n Waterpunt wat langs die kragpaal is, is ook in die botsing beskadig waarna ‘n sterk stroom water verlore is.

Paramedici het die man op die toneel vir borspyne en ‘n gekneusde regterknie behandel en hospitaal toe geneem vir X-strale.

 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Die bakkie het met die impak teen die lamppaal in die teenoorges­telde baan beland.
Foto: Wyndham Ewerts Die bakkie het met die impak teen die lamppaal in die teenoorges­telde baan beland.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa