Oudtshoorn Courant

Een sterf in botsing

- HANNES VISSER

Die 46-jarige Samual Brandt van Blomnek, De Rust, is Maandagaan­d omstreeks 20:00 in ‘n botsing in De Rust se hoofstraat, Schoemanst­raat, oorlede. Volgens kapt. Gert Fourie, bevelvoerd­er van De Rust-polisie, was die oorledene ’n passasier in ‘n wit Toyota Corolla toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het.

Die motor het ‘n lamppaal aan die oorkant van die pad getref. Die impak van die botsing was op die passasiers­deur waar Brandt gesit het. Hy is op die toneel dood verklaar. Die Toyota was vanaf die dorp in die rigting van Oudtshoorn na Blomnek onderweg toe die botsing plaasgevin­d het.

‘n Inwoner wat naby die botsingsto­neel bly sê hulle het die slag van die botsing gehoor en die motor in ‘n erf langs die pad gesien.

“Ek wou nog die polisie skakel toe hou hulle reeds daar stil,” het sy gesê.

Volgens Fourie is die bestuurder van die motor ook beseer en per ambulans hospitaal toe geneem. ‘n Klag van strafbare manslag word ondersoek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa