Oudtshoorn Courant

Skokkende getuienis inVrydag Smartie Town-moordsaak

Hy het getuig dat hulle gesien het hoe Claassen met die vrou geslagsgem­eenskap gehad het

- GARNETT WICOMB

Die saak teen die man van Smartie Town op Oudtshoorn wat daarvan aangekla word dat hy sy meisie in 2016 wreed vermoor en verkrag het, is in die streekhof met die getuienis van nog ‘n ooggetuie voortgesit.

‘n Matrieklee­rder het in Desember verlede jaar getuig dat hy gesien het hoe die 24-jarige Siphamandl­a Claassen, die aand van 8 Oktober 2016 vir Juliana Lingerveld­t (26) met ‘n klip teen die kop kap, haar kaal uittrek en verkrag het.

Elton Oktober (20) het Maandag getuig dat hy ook gesien het wat die betrokke aand gebeur het toe hy en twee vriende in die donker agter ‘n bos gesit en Claassen dopgehou het.

Hulle het vroeër die aand saam by Claassen se huis gedrink. Claassen en Lingerveld­t het later geloop waarna hy en sy twee vriende besluit het om hulle te agtervolg.

Hulle het agter ‘n bos naby die slagpale geskuil en gesien hoe Claassen vir Lingerveld­t aan haar hare trek en op die grond neergooi. Hy het bo-op haar gaan sit, geklap en eers met ‘n kleinerige klip en daarna met ‘n groter klip teen haar kop gekap.

“Ons het terug gehardloop na Claassen se huis en na ‘n rukkie teruggekee­r.”

Hy het getuig dat hulle gesien het hoe Claassen met die vrou geslagsgem­eenskap gehad het en dat hulle so groot geskrik het dat hulle weer weggehardl­oop het. Die beskuldigd­e het later alleen by hulle aangesluit waarna hulle na hul eie huis is. Oktober het getuig dat hy bang was

vir Claassen en nie vir die polisie of sy ma van die voorval vertel het nie.

Hy het ‘n paar dae later weer na Claassen gegaan om hom te vra wat hy gedoen het nadat Lingerveld­t se lyk naby die slagpale gevind is.

Volgens hom was Claassen verbaas oor wat hy hom meegedeel het en gevra om stil te bly en vir niemand te vertel nie.

Oktober het onder kruisverho­or getuig dat Claassen nie kan onthou wat die betrokke aand gebeur het nie.

Volgens Eugene Roos, Claassen se regsvertee­nwoordiger, sal ‘n man wat die oggend verby die moordtonee­l gestap het getuig dat hy drie mans sien weghardloo­p het.

Oktober het hierop geantwoord dat dit nie hy en sy twee vriende was nie.

Claassen pleit onskuldig op die aanklag van moord en verkragtin­g, maar wel skuldig op ‘n alternatie­we aanklag van strafbare manslag.

Hy erken in ‘n pleitverdu­ideliking dat hy Lingerveld­t een keer met ‘n klip teen die kop gekap het toe sy hom glo van ontrouheid beskuldig het.

Die saak word deur streekland­dros JC Nortjé aangehoor.

 ??  ?? Juliana Lingerveld­t
Juliana Lingerveld­t

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa