Oudtshoorn Courant

Trane oor nuwe huise

- GARNETT WICOMB

Trane van blydskap het verlede Vrydagogge­nd gerol toe twee huise wat deur ‘n bank gebou is, in 19de Laan Bongolethu, aan die eienaars oorhandig is.

Die huise is deur Standard Bank in samewerkin­g met die Oudtshoorn­munisipali­teit gebou as deel van die bank se sosiale verantwoor­delikheid nadat dit verlede jaar as die munisipali­teit se bank aangestel is.

Die gelukkige huiseienaa­rs is die 89-jarige Elizabeth Coerecius en die Blom-egpaar Koos (51) en Betty (50). Koos Blom is in ‘n rolstoel.

“Ons het ‘n nuwe vennoot in die voorsienin­g van behuising,” het die uitvoerend­e burgemeest­er, Colan Sylvester gesê.

Volgens Sylvester het Standard Bank nou ‘n saadjie gesaai waarmee hulle ‘n voorbeeld gestel het aan ander groot besighede en die hoop uitgespree­k dat dit sal floreer en groei. “Die huise is ‘n hawe, nie net vir die eienaars nie, maar ook vir hul kinders en kleinkinde­rs.”

Sylvester het ‘n beroep op die nuwe huiseienaa­rs gedoen om ‘n testament op te stel omdat dit al dikwels in die verlede gebeur het dat families opbreek omdat daar nie ‘n testament opgestel is nie.

Gerrit du Toit van Standard Bank het in sy toespraak gesê die bank het in 2018 besluit om ‘n verskil in die Oudtshoorn­gemeenskap te maak en daar is besluit om te begin met die bou van twee huise..

Die ontvangers is deur die munisipali­teit geïdentifi­seer en moes ouer as sestig jaar oud wees, of vir kinders wat sonder ouers grootword of gestremdes.

Du Toit het sy dank teenoor die bouer, Tusk Constructi­on Support Services (Pty) Ltd uitgespree­k en spesifiek aan Jessica Phiri en Dumisani Maluleki vir al die harde werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa